Kategorie: vertel

  • Plaasstorie: Gevleugeldes

    Gevleugeldes Sjoe mensdom het ons darem nou avonture met die gevleugeldes gehad! Eers bietjie agtergrond.  Daar is ‘n hele kaboedel tipe kapokhoendertjies in ‘n kampie net agter my kamer. Eers was dit net die uitgegroeide hoendertjies(ek dink elf van hulle) en later is die kuikens wat Stella, skoondogter, in haar broeimasjien uitgebroei het (ek dink…

  • Nuwe begin-nuwe plaasstorie

    Uiteindelik weer ‘n begin 29/08/2022 Na ‘n tydperk van laaglê het ek vandag weer ‘n gevoel gekry om te wil skryf wat hier gebeur. Alles was die afgelope maande net te veel om te verwerk. Die aanpassing was moeilik en selfs amper te veel vir my gemoed. Gelukkig na ‘n ten ene laste dr besoek,…

  • ‘n Middag in Beatrix se lewe.

    Maandagmiddag was daar ‘n tydjie dat dit nie gereën het nie. Ouma probeer elke middag om so vier uur se kant in te gaan, in die hoof huis, om Beatrix uit te nooi om buite toe te gaan vir bietjie vars lug. Dit is ons oefen tyd volgens Bea. Sy organiseer haar Ouma sodat daar…

  • Oppad na Rebusfontein.

    Oppad Rebus toe Hierdie skrywe is totaal en al denkbeeldig. Die groep mense wat hier saam kuier is almal vriende en blogmaats. Seker so tien jaar gelede het ons begin as Towerinne wat heerlike vervolg verhale geskryf het. Elkeen het ‘n beurt gekry om ‘n hoofstuk te skryf en die storie te laat uitbrei tot…

  • Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding

    Hoenders en beeste. Hie-ha, cowboys hier kom ons. Na die Paasnaweek se trekkery het ek gou oor gery om te gaan kyk hoe dit met die familie op die plaas gaan. Die trekkery was senutergend gewees. Eers is die groot masjiene waarmee my seun sy elektroniese bordjies gemaak en gebak het opgelaai. Hy het vir…

  • Woordwarrel: Hoop 2022

    Lance James se nuwe lied “Lied van Hoop” is werklik iets besonders. Daar is altyd hoop dat die son weer sal skyn Daar is altyd hoop dat wolke reën gaan bring Daar is altyd hoop vir gesondheid of beterskap Hoop gee mense krag om voort te gaan al is die pad hoe swaar. Sonder hoop…

  • Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing

    Grondverskuiwing(slip) Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën  hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in…

  • Hoe dit gekom het dat 1: Mini Schnauzers my betower het.

    Hoe het dit gekom dat ek verlief geraak het op mini Schnauzers? Almal weet dat ek ‘n diere mens is. Plante is nie my lyn van belangstelling nie. Aan die einde van die 1960 tiger jare het ek Alaskan Malamute geskou en geteel. Dis natuurlik ‘n storie vir ‘n ander keer.  Met die skouery van…

  • Woordwarrel: -ismes

    Lekkervurig bied hierdie week se woordwarrel aan. Sy is een wat met woorde kan toor en goël. Gaan lees gerus hier https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/21/woordwarrel-donderdag-inspirasievonk-21-oktober-2021/ wat sy aanbied en lees sommer hoe die woordwarrel werk (lekker praat die w’s met my; woordwarrel werk werklik.) -ismes Woorde wat op -isme/s eindig het my verstom laat staan omdat daar so…

  • Week 2 van skryf oor bang wees.

    Intens Een van die drie opdragte wat gedurende week twee verwerk moes word was: Kry iets wat jou herinner aan die omstandighede waarvoor jy wegskram. ‘n Klip, potlood, stuk papier, foto enige iets uit daardie oomblikke.  Beskryf alles waaraan jy dink as jy na die voorwerp kyk. Gebruik jou sintuie om die vertelling in te…