‘n Middag in Beatrix se lewe.

Maandagmiddag was daar ‘n tydjie dat dit nie gereën het nie. Ouma probeer elke middag om so vier uur se kant in te gaan, in die hoof huis, om Beatrix uit te nooi om buite toe te gaan vir bietjie vars lug. Dit is ons oefen tyd volgens Bea. Sy organiseer haar Ouma sodat daar genoeg beweging is en dat Ouma haar kan aanmoedig om te oefen. 

Eers was dit weer ‘n hele storie om Beatrix sover te kry om haar warm baadjie en skoene aan te trek. Sy wil nie regtig uitgaan nie. Ouma moet allerhande plannetjies uitdink om haar aandag weg te neem van:” I don’t want to go outside.” Gelukkig is Ouma nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Sy hou die wortel reg voor die “donkie” se neus. (Beatrix sal gladnie darvan hou dat ek haar met ‘n donkie vergelyk nie.) 

Lekker groot perre poos

“Hoe lyk dit Beatrix, dink jy nie jy moet bietjie op die bedding se hout loop nie? Ek sal jou hand hou sodat jy  mooi kan ballanseer?”

“Ja, kom Ouma, ons gaan ekstra oefeninge ook doen.” Sy trek vinnig haar trui aan en haar nuwe pienk “gumboots”. 

“Ouma, ek moet eers trappies op en af klim. Daarna kan ons op die houte loop.” So gesê, so gedaan. Beatrix klim daai trappies op en af met n spoed. Daarna loop sy vyf keer op die houte vir balans. Terwyl Bea loop bly Ouma praat:”Jy moet mooi loop. Ek wil nie hê jy moet aftrap in perde poo(wat in bedding is) nie.” Amper trap sy mis: “Sjuut, Ouma, hou op praat, ek moet konsentreer!”

“Sjuut, my mond is gezip!” Telkens praat ons weer en dan word daar aangemaan om stil te bly. Nadat die vyf keer geloop is, moet daar eers om die boom gehardloop word. 

“Kom Ouma, hardloop saam!”

“Nee jong, Ouma se bene sal dit nooit hou nie. Hardloop nou anderkant om. Lig op jou knieë. Nou weer omdraai en anderkant om.”

Beatrix se asem begin jaag. Sy stop haar hardloop en wil vir my iets gaan wys in die tuin. Ons verwonder ons aan al die mooi blomme(Camelias) wat op die oomblik oop is. Halfpad vlieg ‘n “vantail”voëltjie om ons rond. Elke keer as Beatrix omdraai vlieg hy op haar af en wil omtrent op haar skouer sit. Nes Bea omdraai, om te kyk waar hy is, vlieg hy weg en gaan sit in’n boompie. Loop ons verder, fladder en duik hy al om ons. 

Beatrix wou vir my ‘n plek wys waar haar “Secret Garden” moet wees. Sy besluit toe die plek is te groot en oop. Ons moet vir ‘n beter plek soek om die boomhuis te bou. Pappa en Beatrix het die naweek al een droë tak huistoe gebring om huis mee te bou. 

“Ouma, kom ons bou die huis hier op die dek by die voordeur.”

“Oh no, dit sal nie werk nie jong, ons sal nie by die deur kan in en uit nie. Wat van hier in die bedding?”

“Nee, ons moet eers die plek skoonmaak, sal nie werk nie!” Baie slim en vol idees wat skrik vir niks.

“Wat van die hoek hier by my afdak? Dis veilig en lekker in die son.”

“Perfek Ouma, nou versier ons die tak met dennebolletjies.” Om die bolletjies op takkies te sit vat nogal mooi kyk of dit gaan om daar te  bly sit. Ouma help, en Bea is in haar noppies.

“Ouma, nou moet ek mos kry vir die feëtjies om op te dans en te sit. Ek weet waar daar mos is.”

Sy gallop weg om die hoek van garage na n klomp afgekapte boomstamme. 

“Ouma moet kyk dat niemand my huis breek nie terwyl ek mos kry.”

Ouma hou “kywie” sodat sy die boomhuisie kan dophou en ook Beatrix wat mos uitkrap. In elke hand het sy ‘n stukkie mos. Sit dit netjies in hoekie onder tak. Hol weer terug vir nog. Kom terug met klein stukkies, sit dit neer. “Dink jy nie ons kan kyk of Mamma ‘n bakkie of emmertjie het om sommer ‘n klomp mos gelyk op te tel nie?”

“Dis n goeie plan.”

“Wag ek gaan kry sommer ‘n potjie wat ek nie gebruik het om iets in te plant nie.”

So gedoen so gedaan, Bea vul die potjie op met mos en pak ‘n goeie klompie in die hoekie onder tak. 

“Die feetjies gaan heerlik op die sagte mos kuier.”

Dis tyd om in te gaan want dit word onplesierig buite.

Pappa laat weet dat hy haastig is as hy tuis kom om weer 5:40 nm weg te wees om iemand te gaan ontmoet. Mamma is besig om gou kos te maak. Ouma besluit om solank die hek vir Pappa oop te maak sodat hy dadelik kan in ry. Ouma kom by die hek en sien ‘n klein “vantail”voëltjie in die oprit. Dit lyk of hy seer gekry het. Hy hou sy stertjie wyd uit om te wys Ouma moenie nader kom nie. Hy kannie wegvlieg nie. Ouma tel hom versigtig op en vat hom in die huis in. Die outjie sit doodstil in Ouma se hande.

“Kan ek aan sy bekkie raak Ouma?” “Ja, net saggies en soetjies.”

“Kan ek sy stertjie voel?” Versigtig streel haar vingertjie oor die veertjies. In die tussentyd soek Mamma iets om die voëltjie in te sit. Op die einde het sy ‘n bruin papiersak oopgeskeur en gefrommel en in ‘n bakkie se bodem gesit, verder paper handdoekie gevat en bo-op gesit. ‘n Stuk bruinpapiersak kry gaatjies in vir asemhaal om bo-oor te sit. Ouma sit die voëltjie versigtig in die bakkie en maak hom toe met die gaatjies papier. Nou word daar gesoek na iets om om die bakkie te bind, om dit toe te hou. Ten lange laaste kry Beatrix ‘n groterige haarrekkie wat om die bokant pas. Daar is  ‘n groterige gat in papier sodat Beatrix kan sien of die outjie okay is. 

Ons sit die bakkie en voëltjie hoog op ‘n vensterbank buite bereik van Amelia se handjies en die honde se gesnuffel. Ouma het maar niks gesê van dat die ou dingetjie dit nie sal maak nie.

Die volgende oggend fluister Pappa in Ouma se oor:”Ek dink nie die outjie het dit oorleef nie.”

Voordat Ouma Beatrix skooltoe vat wou sy eers net sien hoe dit met voëltjie gaan.

“Beatrix, ek dink nie hy lewe meer nie want hy het baie seer gekry.” Ons maak die bokant oop en sien dat die voëltjie dood is. Beatrix wou weer aan hom voel. Sy sien toe ook dat daar bietjie bloed op papier is. “Ouma, hy het baie seer gekry. Daar is bloed by die agterkant.”

“Siestog, ja, hy is nou oor die reënboog en in die hemel.”

“Hy kry nou nie meer seer nie nê Ouma?” 

“Hy is nou veilig by Jesus en voel niks meer nie.”

Beatrix het hom vir oulaas vasgehou.

Dit dan nog ‘n dag, en avonture hier op die plaas.

Ten slotte(Amper vergeet) Pappa en Mamma moes die aand in die donker die voëltjie gaan begrawe waar Pappa die hasie begrawe het. Mamma het op einde nie saam gegaan want dit was onplesierig buite. Ons sal een of ander tyd moet blommetjies op die graffie sit.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

13 comments

    1. Dit was maar hartseer, maar sy het baie goed daarop gereageer omdat daar nie ‘n bohaai van gemaak is nie. Sy het ook stap vir stap saam gevra en gehelp om voëltjie gemaklik te maak. Die aand het sy gereël wanneer die begrafnis moes wees. Sy wou dit eers vogende dag doen maar ouers het verduidelik dis beter dat dit so gou as moontlik gedoen moet word. Dis hoekom sy wou hê pappa en mamma dit kon bywoon want dit was donker en sy wou nie uitgaan nie. Te dierbaar vir woorde.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: