Plaasstorie: Gevleugeldes

Gevleugeldes

Sjoe mensdom het ons darem nou avonture met die gevleugeldes gehad!

Eers bietjie agtergrond. 

Daar is ‘n hele kaboedel tipe kapokhoendertjies in ‘n kampie net agter my kamer. Eers was dit net die uitgegroeide hoendertjies(ek dink elf van hulle) en later is die kuikens wat Stella, skoondogter, in haar broeimasjien uitgebroei het (ek dink dit was om en by sestien gewees) bygevoeg. Bertus, my seun, het ‘n mooi hoenderhok gebou van planke van “pellets”, wat hy netjies afgeskuuur en verwerk het. Die kiepies slaap nou veilig in hul nuwe hok. Soos die hoender orde werk is dit die volwasse kiepies se voorreg om op die stokke te slaap en kuikens moet op vloer in hoek saam slaap.

 Soos wat ek uit my venster kyk na links, langs die hoenderkampie is die twee skaap lammers se kampie met ‘n “make shift” konstruksie om as beskerming te dien toe dit koud was en as die son warm neerskyn. Dan verder links van die lammer kampie is die drie kalwers se kamp en weiveld. 

Groot gesamentlike gelukkige diere “familie”. Dit stry, jol en hol uitbundig veral soggens en saans as dit koeler is.

Hierdie tyd van die jaar broei al die eiers uit waarop die gevleugelde ouers so angstig gebroei het. Die blackbird het drie voëltjies gevoer. Twee het oorleef en vlieg nou al hier rond agter pa-blackbird om nog ekstra kos te kry.

 Eerste wat hier by hoenders kom kos soek het was ma eend met ‘n horde eendjies waarvan net drie nog lewe.

Ek sien nie ‘n Pappie eend nie!

Moet natuurlik nie die mossies en vinkies vergeet wat kom aas nie.

Volgende ontdek ek drie Pukeko kuikens onder by die stroom. Daarna is dit die kiewiete se beurt om te probeer om hul kleintjies groot te kry wat ‘n totale mislukking was. Nie net het die valk gevang onder hul nie maar ook Pukekos is skelm kuiken stelers. Verlede week het die Paradise ducks oor die bure se grasperk gehol met ses bolletjies dons. Hulle het ek nog nie weer gesien nie. Ek hou duime vas daar oorleef darem een of twee van hulle. 

Nou vir ‘n drama wat hom Saterdag hier afgespeel het. Stella is gou dorp toe om inkopies te doen. Bertus het ‘n breek gavat van sy hoenderhok bouery en sit binne en koffie drink. Beatrix was besig om bietjie TV te kyk en ook sommer te sit en teken. 

Ek het voorheen al geskryf oor Pukekos en hul maniere.

Skielik breek pandemonium uit:

Ek hoor ‘n kuikentjie vreemd skree. In tussentyd skreeu van die hennetjies ook. Met wat ek deur toe loop om te gaan kyk sien ek ‘n Pukeko met ‘n kuiken in sy bek besig om te probeer om hom uitmekaar te trap met sy poot. Bertus vlieg by deur uit. Hy bly vir Beatrix skree om binne te bly. Gelukkig bly die kind binne by my. Bertus gaan kyk waar die toneel hom afgespeel het. Hy kom by agterdeur in sonder dat Beatrix hom eers sien. Sy wil steeds na hom toe gaan om te kyk waar kuiken is. Hy vra my vir ‘n skerp mes om outjie se keel af te sny. Nou is Beatrix ontsteld want sy weet nie wat aangaan nie. Pappa verduidelik die kuiken het baie seer gekry en dis beter dat hy hom maar moet help uit sy pyn. In die tussentyd is dit ‘n tranedal. Ek probeer troos en kalmeer. Gelukkig kom Stella net tuis en bring Amelia in die huis in by my. Sy gaan na Bertus toe. Die twee ouers het mekaar getroos terwyl ek Beatrix getroos het. Ek het sommer saam met haar gehuil oor die ou kuikentjie vir wie sy so lief is. Gelukkig het Mamma die kuiken opgetel en gekyk wat aangaan. Sy besluit toe om kuiken veearts toe te vat want dis blykbaar net die keelvelletjie wat oopgeskeur is. Beatrix het saam veearts toe gegaan en mooi vir die veearts vertel wat sy van die Pukeko dink.

Kyk net die bek en uitdrukking op die gesig!

Die kuiken het toe steke of te wel krammetjies in sy nek gekry om vel te laat aangroei. Hy was nou eers vir drie dae in intensiewe eenheid binne in die huis. 

Vanoggend, Maandag, het Stella ‘n rehabilitasie sentrum ingerig sodat die gesonde kiepe nie die beseerde een se krammetjies gaan pik en sodoende aanleiding gee dat die outjie gepik en aangerand word nie.

Nou is die Pukekos vyande en hul moet weggejaag word. Dink jy die Pukekos laat hul wegjaag? Gladnie. Hul duik weg agter lang gras. Loer met uitgerekte nekke oor die gras en sluip soetjies telkens nader. Koppe bo gras, duik weg, sluip nader. As mens weer sien is die hele familie weer terug by die kospotte van die Kruger kalwers. Daar is steeds drie klein Pukekos wat nou ook nes hul ouers met hul wit wipgatjies op en af en heen en weer soek vir inkomplek in die hoenderkamp.

Dit dan nog ‘n plaas avontuur.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

13 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: