Wie, wat, waar is ek?

Afrikaans is my spreektaal. Om elke dag net Engels te praat en te hoor het my laat besluit om n spesiale deel net vir my Afrikaanse skrywes op te bou.

Ek het in 2012 begin om elke Vrydag deel te wees van ‘n skryfgroep wat hul eie stories vertel. Ons lees dit voor en bespreek ook dinge wat opduik. Die skrywery het my belangstelling in skryf aangewakker. Ek het op ‘n stadium vir omtrent twee jaar Toeka-Tokkel, ‘n weeklikse uitdaging ingestel wat oor allerhande interessante dinge uit die verlede gegaan het.

My belangstelling in skryf het gegroei. Ek het drie e-boeke vrygestel. Dit was die aanloop tot groter dinge. Ek het twee en ‘n half jaar gelede begin om my Memoirs te skryf. Ek het my eerste ses jaar van kindwees voltooi en in e-boek en “print on demand” uitgegee.

Tans is ek besig om aan my volgende tydperk in my lewe te werk, my laerskool, hoërskool en studente jare. Ek het die eerste “draft” verlede November gedoen toe ek aan NaNoWriMo deelgeneem het. Mens moes 1300 woorde per dag skryf om die totale woordtal van … te kry.

Nou gaan ek verder tussendeur probeer om my skryfwerk in Afrikaans by te hou.