Woordwarrel: -ismes

Lekkervurig bied hierdie week se woordwarrel aan. Sy is een wat met woorde kan toor en goël. Gaan lees gerus hier https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/21/woordwarrel-donderdag-inspirasievonk-21-oktober-2021/ wat sy aanbied en lees sommer hoe die woordwarrel werk (lekker praat die w’s met my; woordwarrel werk werklik.)

-ismes

Woorde wat op -isme/s eindig het my verstom laat staan omdat daar so baie kan wees. 

Ek is besig om Antoinette Pienaar se Die lang man sonder skaduwee te lees. Wat ‘n fees. Nie net al die rate en raaisels nie maar die taal waarin Antoinette skryf is só pragtig. Afrikaans op sy beste volgens my beskeie mening. Ek kan nie ophou lees nie. Altyd nog ‘n stukkie verder al is ek so vaak dat my oë wil toeval.

Kindle het mos nie regtig bl nommers nie(of te wel ek gebruik nie bl no nie). So ek kan nie na bl 30 blaai en tweede paragraaf eerste sin sommer vind nie. Gelukkig het ek  Kruidjie roer my van Antoinette saamgebring toe ek NZ toe gekom het in 2009. Haal hom van die rak, blaai na bl 30 en die tweede paragraaf se eerste sin gaan as volg:

Een jakkals het ons van Januarie tot Oktober agter hom aan laat loop voordat ons hom een oggend vroeg met sy voet in ‘n slagyster gekry het.

Toe gebeur die beste van alles. Ek is mos gedurig besig om op te lees oor hoe mens ‘n memoir skryf en hoe om die skryfwerk in te kleur met mooi woorde en uitdrukkings sodat die storie aantreklik is om te lees. Wraggies, die eerste stuk wat ek toe op af kom gaan oor kunsisme(artivisme*). Daar het jy dit nou. Ons skrywery in Afrikaans is kuns uit die boonste rakke. Ons baklei vir goeie Afrikaans. Wil jy nou meer?

Om terug te kom na Antoinette se boek. Dis die mooiste Afrikaans wat sy gebruik. Dis mos nou wat ek kunsisme uit die boonste rakke noem.

*There is a chapter on artivism in the book It’s Bigger Than Hip Hop by M. K. Asante. Asante writes of the artivist:

The artivist (artist + activist) uses her artistic talents to fight and struggle against injustice and oppression—by any medium necessary. The artivist merges commitment to freedom and justice with the pen, the lens, the brush, the voice, the body, and the imagination. The artivist knows that to make an observation is to have an obligation.


Posted

in

, , , ,

by

Comments

12 reaksies op “Woordwarrel: -ismes”

  1. Toortsie Avatar

    Kunsisme – mooi!

    Like

  2. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Ek kou lekker aan kunsisme. Onse kruiekoningin Antoinette is vir my kosbaar. Ons twee het amper dieselfde aanhaling gebruik, geen jokstorie.Het met die boek gestaan en toe ruk Miesies Muse my aan my oor en war my in ‘n ander koers.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Wys jou ook net as hul praat van Great minds think alike… sal nie die tweede deel bysit nie.

      Like

      1. Lekkervurigeaffêre Avatar

        Bwahaha, mater jy laat my lekker lag.

        Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Dis nou inspirerend, Scrapy!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie bly dit inspireer want dit was vir my ook ‘n openbaring toe ek die woord kon toepas op dit wat ons met Afrikaans doen.

      Liked by 1 person

  4. perdebytjie Avatar

    Lekker woord.. kunsisme! Hier is baie Afrikaanse skrywers wat kunsisme pleeg op die blogs. Jy is beslis een van hulle.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bytjie, was so bly om die woord raak te lees.

      Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    Nou toe, daar het jy dit. Ons is kunstenaars. Wat ‘n voorreg om kunsisme aan te wend in diens van ons taal.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Netso, ons staan vas in ons kuns en om die taal te bevorder.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: