Intens
Een van die drie opdragte wat gedurende week twee verwerk moes word was:
Kry iets wat jou herinner aan die omstandighede waarvoor jy wegskram. ‘n Klip, potlood, stuk papier, foto enige iets uit daardie oomblikke.
Beskryf alles waaraan jy dink as jy na die voorwerp kyk. Gebruik jou sintuie om die vertelling in te kleur. As jy klaar is word jy uitgedaag om dit wat jy geskryf het weer te gee in jou beskrywing van die oomblik en omstandighede waarin jy was.
Baie intens moet ek sê. Ek het ‘n foto beskryf wat al die bewyse op het van omstandighede waarin ek was.
My week een se terugvoer was baie insiggewend en positief gewees. Week twee, het ek die hele episode beskryf sonder om te skroom om te sê wat ek dink en gevoel het.
Laat ‘n boodskap