Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing

December 2009

Grondverskuiwing(slip)

Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën  hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in parkeerarea geparkeer was oorstroom is en die rivier was besig om hul mee te sleur see toe. Gelukkig was daar ‘n man met een of ander goeie uitsleep motor en het die klomp voertuie uitgesleep tot op droër grond. 

Eintlik wil ek vertel wat in Desember 2009 gebeur het.

Dit was my eerste Desember in New Zealand.

Toe ek hier in Maart 2009, aangekom het het ek mettertyd ondersoek ingestel in wat ek kan doen om besig te bly. Onthou, ek het Februarie voor my vertrek in Maart steeds skool gehou. Die busdiens hier is baie goed. Elke halfuur is daar ‘n bus wat ingaan na die inkopiesentrum(shops soos hul dit noem) in Upper Hutt. 

Hier is ook ‘n weeklikse koerantjie wat allerhande interessante dinge adverteer. Een was van die “Woman Center” wat ses week kreatiewe klasse aanbied teen ‘n minimale bedraggie. Ek het toe vir drie van die sessies ingeskryf. Fotoplakboek(scrap booking), kaartjies maak met quilling, en kralewerk. Almal lekker aanbiedings. Gelukkig het die sessies nie gebots nie en ek kon al drie geniet. 

Die dame wat die fotoplakboek aanbied was ‘n verteenwoordiger van “Creative Memories”. Sy het papier en allerhande dingemalêretjies wat mens ook al kan gebruik vir die bladsye wat sy gedemonstreer het te koop aangebied. Vir my was dit eintlik vervelig omdat ek meer van variasie gehou het en sy het stywe patrone gebruik wat almal dan nagevolg het. Sy het gesien ek het idees van my eie en geweet wat om te doen en het my uitgelos om maar self aan te gaan. Vir my was dit eintlik die saamwees, met ander eendersdenkende vroue, wat vir my goud werd was. 

Die fotoplakboek dame het op die einde my beste vriendin geword. Ons het saam al die klasse wat sy naweke aangebied saam geniet. Ek het selfs, terwyl sy oorsee was vir ses weke, haar klasse gedoen en sommer hul plaas opgepas. 

Wel nou het ek steeds nie gekom by wat ek eintlik wou vertel nie. Die vriendin het elke week by haar huis ook gesellige hele dag scrap geleentheid gebied. Ek het saam daar gekuier met al die pragtige vroue. Dit was heerlike tye. 

Die kuiers was meestal Dinsdae. Dinsdag 1 Desember 2009 was dit weer tyd vir weeklikse byeenkoms. Omdat van die dames van ver af gekom het was dit meestal die hele dag. Ons het saam middagete geëet. Meestal het ek na middagete huistoe gegaan. Daardie Dinsdagoggend het dit gereën. Dit was so 11:30 am toe ek huistoe wou gaan toe dit bietjie opklaar. 

Raai wat? Ek kon nie huistoe gaan want daar was ‘n grondverskuiwing(slip) oor die hoofweg.

Ek was die tweede motor in ry wat vasgekeer was die dag. Dit was op ‘n brug waar ek moes wag. Gelukkig was die grondverwyderings ouens al daar om te probeer om een baan oop te maak. Dit was ‘n hele gewoel en gewerskaf tot na twee die middag.

Dit was my eerste ondervinding van grondverskuiwings. Die ergste is, mens weet nie altyd wanneer dit gaan gebeur nie. Die padwerkers en die stadsraad is veronderstel om gevaar sones te versterk. Die eienaar wat bo-op bult bly het lankal gewag vir die oomblik dat sy huis die bult gaan afgly. Die makery van paaie het ‘n groot invloed op die omgewing omdat die bome en plantegroei verwyder word wat die grond bymekaar hou. Daar word wel staal raamwerk teen moontlike glyplekke gesit wat dan met klippe gepak word of ook n konkreet wal kry. 

Later jare het ek nog net kleiner grondverskuiwings teengekom waar mens darem versigtig verby kon ry. Dit bly steeds maar ‘n storie om te beleef. 

Gelukkig is die weervoorspelling baie goed hier en mens weet nogal betyds om nie sekere paaie te gebruik nie. 


by

Comments

15 reaksies op “Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing”

  1. seegogga Avatar

    Interessant. Maar dis mos vreeslik gevaarlik! Bly jy was veilig.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was vir my ‘n nuwe avontuur gewees. Veral die sware vragmotors wat sand weggery het wat oor die trillende brug gery het. Mos nie gewoond aan sulke opwinding nie.

      Like

  2. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, bly jy kon dit beleef om te vertel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was ‘n regte avontuur vir ‘n Girl from Africa!

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Inderdaad, interessant dat jy dit so noem. My suster se dogtertjie verlang na Africa en sy is reeds op twee na Ausieland toe.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Mens bly maar lief vir waar jy oorspronklik vandaan kom.

          Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Presies en hoe ouer jy word hoe stewiger is jou wortels gevestig.

              Liked by 1 person

  3. perdebytjie Avatar

    Goed vertel,Ineke. Dis angswekkend. Ek is altyd bang as ons iewers teen ‘n berghang ry en mens sien rotse wat lyk of dit enige oomblik kan aftuimel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis was vir my ‘n avontuur gewees omdat ek nie geweet het van beter nie. Ouens hier weet al waar en hoe vinnig so ‘n sakking kan gebeur. Die pad na my oppas plaas is so in die berge en daar is gereeld rotse wat val. Almal klim uit en maak pad skoon as dit nie te erg is nie.

      Liked by 1 person

  4. Aletta - nowathome Avatar

    Moes omtrent ‘n nare ondervinding gewees het!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het toe nie besef hoe dit kon wees nie. Die brug wat so aanhoudend gebewe het as vragmoter sand weggery het was grillerig.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Ek kan net dink hoe aardig dit moes gevoel het.

        Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    My senuwees (en my blaas!) sou dit nie gehou het nie. Een jaar se reën in een dag sal ons hele dorp wegspoel sodat daar net seesand oorbly. Ons riviere word nie eens skoongemaak nie – die gemors spoel maar net uit na die see toe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, ja jong, wat ‘n gedoente. Die afvoer pype kan gladnie die water hanteer nie . hul lig die deksels van mangate op en water spoel soos fontyn uit in die pad. Daardie brugsitter was nogal ‘n trillende besigheid. Gelukkig het ek bottel water by my gehad .

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: