Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding

Hoenders en beeste.

Hie-ha, cowboys hier kom ons.

Na die Paasnaweek se trekkery het ek gou oor gery om te gaan kyk hoe dit met die familie op die plaas gaan.

Die trekkery was senutergend gewees. Eers is die groot masjiene waarmee my seun sy elektroniese bordjies gemaak en gebak het opgelaai. Hy het vir die dag ‘n groot sleepwa gehuur om die goed te vervoer. Omdat dit Paasnaweek was moes hy die sleepwa vir hele dag huur omdat hul Vrydag toe was. Gelukkig het skoondogter se vriendin se man gehelp met die oplaai en aflaai. Die ou het ook ‘n sterker voertuig wat die sleepwa kon trek. Hul het sommer ook die beddens met die sleepwa weggevat. In die tussentyd het skoondogter en vriendin begin om goed in te pak sodat daar soveel goed ingepak was om Saterdag, as die familie kom om te help, alles net opgelaai kon word. Vroeg Saterdagoggend het my seun die groot sleepwa teruggeneem. Dit was veral die swaar meubels waarvoor daar mannekrag nodig was om dit te laai en af te laai. Skoonfamilie het ‘n trokkie en groot sleepwa saamgebring. Saterdag is baie goed weggery. Sondag was dit nog die laaste goed gewees. 

Woensdag namiddag het ek gaan kyk hoe dit met die plaasmense gaan. Ek het vir ons MacDonalds van die dorp af saamgeneem. Ons (eintlik ekke) was nog nie heeltemaal klaar geëet nie of skoene moes aangetrek word sodat ons die diere kan gaan bekyk. Hier in NZ moet jy jou skoene voor die deur uittrek voor jy op jou kouse binne gaan( dis maar omdat dit baie nat en modderig kan wees)

In my skoene geklim en stadig agter kinders aan gegaan. Ek het nog nie gumboots nie so ek loop met gewone skoene in klam grond en gras. 

Ek moes ook die twee honde saambring sodat hul bietjie op ‘n verkenningstog kon gaan. Luigi en Mollie, twee Yorkshire Terriers, is klein hondjies en die gras is redelik lank. 

Ons loop almal tuinlangs om by die hek te kom om na agterkant te gaan.  ‘n Handvol hoenders loop sommer los in die veld. Daar is vir hul net vinnig ‘n pondokkie aanmekaar geslaan om in te slaap. Die twee honde het eers nie erg in die hoendertjies nie.

Die kamp agter die huis het ‘n skeepshouer gekry om alle oortollige goed solank in te bêre. Seun moes die Paasnaweek, nie net trek nie maar, ook gate grawe en sement blokke bou waarop houer moet staan.

Terwyl ek en seun na die houer kyk gaan skoondogter, kleinkinders en honde verder aan na volgende kamp. Beatrix wil heeltyd na beeste toe gaan. Skielik sien Mollie die hen met haar kuikens en sy storm met mening. Luister nie regtig toe sy aangespreek word nie. Die ma-hen het egter nie op haar laat wag nie. Terwyl kuikens eenkant padgee bestorm sy Mollie en jaag haar sommer terug na die mense toe. Te kostelik vir woorde. Toe Mollie begin jaag het ek liewers anderpad gekyk. Ek het besef hier kom ‘n ding! In die tussentyd is Luigi op sy eie missie. Hy is al bietjie doof eintlik meer horende doof en as hy iets in sy kop het gee hy nie op nie. Hy sien toe uit die hoek van sy oog die hoenders wat beweeg en hy snol volle vaart op hul af. Hoor niks. Skoondogter hol agterna en sny hom af in sy hardloop. Dit was nou vir jou ‘n gedoente.

In die tussentyd het ek besluit om aan te loop na verste kamp waar trop beste wei. Mollie loop al snuffelende saam met my. Pappa Bul sien my en vir Mollie  en – moo, moo – sulke kort waarskuwinkies. Stap so voet vir voet nader. In die tussentyd staan sy klom koei-vroue en kyk wat hy doen. Skielik besluit die klomp vroumense om op volle gallop met Pappa Bul voorop op ons af te kom. Mollie skrik haar boeglam en hol ver weg. Ek wag vir hul om te bedaar. Daar is ‘n elektriese draad wat hul keer, hul stop toe kort voor die draad en gaan al langs die draad af agter Mollie aan. Seun en Amelia het in die tussentyd by my aangesluit. Toe is beeste weer vol belangstelling om hierdie klein pokkeltjie wat so in die paadjie loop te bekyk. Dit was nou ‘n lekker ondervinding. 

Ons loop toe weer terug na waar hoenders en ander beeste is wat Beatrix so graag van nader wil bekyk. Die klompie jong beeste is baie nuuskierig. Hul wil vreeslik graag nader kom maar is skrikkerig. Beatrix word toe aangemoedig om in die kamp te gaan. Ek hou natuurlik my hart vas want dit kan baie verkeerd uitloop as die beeste haar bestorm. Luigi besluit toe om ook in die kamp te loop. Dit was die laaste strooi vir beeste. Skoondogter vertel mooi vir Beatrix om om te draai en terug te kom. Sy begin toe hardloop, nie vol spoed nie maar net genoeg om die beeste aan te vuur om nader te hardloop. Om Beatrix nie paniekerig te maak nie bly skoondogter haar aanmoedig om uit die kamp te kom. Tussentyd het sy vir Luigi darem deur draad terug op paadjie gekry.

Dit liewe leser was alles net in een uur se tyd wat alles afgespeel het. End goed alles goed.

Die hek en paadjie waarin alles afgespeel het. Links is nuuskierige kalwers regs buite foto is waar hoenders was.

Posted

in

, , , , ,

by

Comments

14 reaksies op “Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding”

  1. Una Avatar

    Dis so pragtig daar, Ineke

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dit is soos ‘n paradys.

      Like

  2. Una Avatar

    Julle uur was omtrent besig,maar dit klink heerlik.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis besig en vol avontuur gewees.

      Like

  3. appeltjie Avatar

    Ek was ook nog klein, so 9 jaar, toe ek my dowe boetie voor n klomp beeste moes gaan uithaal. Die koeie was op pax stal toe agter die bul aan. Nie n vrirndelike een nie . Pa het gesien die bul se kop sak en het uitgeroep. Almal het wrggehardloop behalwe die dowe enetjie. Toe ek opkyk stap hy net met die bul agter hom wat begin skrop . My beskermingsdrang was groter as my bang en toe gaan haal ek hom.

    Liked by 2 people

    1. Tannie Frannie Avatar

      Sussies is kosbaar!

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was maar ‘n storie om alles so om mens te belewe want waar keer jy en hoe verduidelik jy gevaar aan honde en kleintjies wat nie weet van nie.

      Like

  4. Tannie Frannie Avatar

    Dis so lekker om nuus oor julle te hoor, maar Scrapy, ek is so bly dat jy ‘n plaasdogter was, want as ek as stadsjapie daardie beeste moes trotseer, was ek ‘n volslae wrak!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, snaaks genoeg ek’t die bul gelees en besef dis gevaar maar was gladnie bang nie. Dis eintlik mak beeste is maar net die bul se opwinding wat gemaak het dat hul storm. Is soos mense ook, in ‘n groep loop hul enigeiets storm as mens so kan sê.

      Liked by 1 person

  5. Aletta - nowathome Avatar

    Dit was omtrent ‘n opwindende uur daar by julle op die plaas!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie praat nie!. Beeste is darem nou weg. Nog net ‘n perd wat gekom het.

      Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: