Lance James se nuwe lied “Lied van Hoop” is werklik iets besonders.
Daar is altyd hoop dat die son weer sal skyn
Daar is altyd hoop dat wolke reën gaan bring
Daar is altyd hoop vir gesondheid of beterskap
Hoop gee mense krag om voort te gaan al is die pad hoe swaar.
Sonder hoop die lewe geen betekenis nie.
Romeine 5:5 …en die hoop beskaam nie….
……….
Woordwarrel se so-maak-mens volg hieronder. Kom speel saam.
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke tweede Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Dankie vir jou deelname aan #Woordwarrel. Ek het nog nie die lied gehoor nie, ken net sy “Dankie.”
LikeLike
Dis ‘n splinternuwe enkel opname wat hy gemaak het wat op sy nuwe langspeelplaat is.
LikeLike
Die hoop beskaam nie
LikeLike
Beslis nie!
LikeLike
Mooi lirieke. Dankie vir die deel Scrapy.
LikeLike
Groot plesier. Dis heel toevallig dat ek op die lied afgekom het.
LikeLiked by 1 person
“Die son sal skyn hier binne my” – dis jou motto, liewe Scrapy!
LikeLiked by 1 person
Presies wat ek gedink het toe ek die woorde hoor. Ek is beslis gestuur om by die lied uit te kom. Nooit mal oor Lance James gewees nie maar hierdie het my getref.
LikeLiked by 1 person