Kategorie: vertel

  • Woordwarrel: -ismes

    Lekkervurig bied hierdie week se woordwarrel aan. Sy is een wat met woorde kan toor en goël. Gaan lees gerus hier https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/21/woordwarrel-donderdag-inspirasievonk-21-oktober-2021/ wat sy aanbied en lees sommer hoe die woordwarrel werk (lekker praat die w’s met my; woordwarrel werk werklik.) -ismes Woorde wat op -isme/s eindig het my verstom laat staan omdat daar so…

  • Week 2 van skryf oor bang wees.

    Intens Een van die drie opdragte wat gedurende week twee verwerk moes word was: Kry iets wat jou herinner aan die omstandighede waarvoor jy wegskram. ‘n Klip, potlood, stuk papier, foto enige iets uit daardie oomblikke.  Beskryf alles waaraan jy dink as jy na die voorwerp kyk. Gebruik jou sintuie om die vertelling in te…

  • Maandag=Wasdag 24: Uitspan vir twee maande.

    Liewe lesers ek het besluit om bietjie laag te lê met Afrikaans skryf. Ek het die stoute skoene aangetrek en ingeskryf vir twee skryfsessies wat elk oor ses weke strek. Die eerste sessie word aangebied deur: https://www.wow-womenonwriting.com/WOWclasses.html Face Your Fears II: Women Writers Anonymous starts on Monday, September 27, 2021. In this six-week class, you’ll read…

  • Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine

    Kom mense laat ons bietjie hoor, Is jy ‘n roetine mens of nie? Hierdie is ‘n plek waar ons lekker in Afrikaans kuier. As jy saam geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak. Ek self sal daarvan hou om te lees wat jy skryf maar ander lesers sal ook beslis belangstel…

  • Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid

    Betekenis: ingesteldheid Ek kon nie die woord se betekenis vind in my 1961 Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger et al. nie. Gesteldheid: beteken- toestand of staat. Dit moet maar doen vir nou. Ingesteldheid Verlede week Woensdag word ons vir drie dae in inperking, in vlak 4, geplaas. Vrydag word dit nog aangeskuif na Dinsdag aand…

  • Maandag=Wasdag 20: Weer/die weer.

    Verlede Maandag het uitgevries. My voorneme oor die weer te skryf het verys. Kom vertel ‘n paar dinge oor die woord weer. Ons skryf hier in Afrikaans en almal is welkom om saam te skryf. Jy kan ‘n kort stukkie skryf, ‘n lang ene of net sommer soos jy voel. As jy geskryf het sal…