Oppad Rebus toe
Hierdie skrywe is totaal en al denkbeeldig. Die groep mense wat hier saam kuier is almal vriende en blogmaats. Seker so tien jaar gelede het ons begin as Towerinne wat heerlike vervolg verhale geskryf het. Elkeen het ‘n beurt gekry om ‘n hoofstuk te skryf en die storie te laat uitbrei tot ‘n reuse avontuur. Vandag noem die groep hulself die Goue Vroue. Ek het nie die hele storie beleef van hoekom dit verander het nie maar dis nie belangrik nie.
Ek het besluit om na ‘n lang afwesigheid weer ‘n bietjie te gaan kuier saam met die op en wakker avontuurlustige vroue te Rebusfontein.
Rebusfontein is ‘n denkbeeldige kampplek of dorpie diep iewers in Suid Afrika. Sodra die lewe druk ontsnap ons telkens uit die werklike lewe se rompslomp en gaan rustig vir ‘n tydperk verder met nuwe avonture. Amper vergeet ek, my gypsy karavaan is steeds beskikbaar vir my terugkeer.
Genoeg uitgewy oor die agtergrond.
Op hierdie oomblik het ek die behoefte om weer aan denkbeeldige gedagtes vrye teuels te gee. Gelukkig het Toorts my breingolwe opgetel en my aangemoedig om Rebusfontein toe te kom. Seegogga het saam ingeval om my te oortuig om tog weg te glip. Toorts wou weet waarvan hou ek om te eet. Koekstruif, jammie lekker en nie te soet nie. Toorts laat toe weet sy het wraggies ‘n keto resep gekry. Appeltjie lok my toe verder nader met donker sjokolade, wat my beste sjokolade is, met lemoen in. Ooooo, toe spring my brein weg om planne te maak om daar te kom.
Op die oomblik kan ek nie Elon Musk se vuurpyl meer gebruik nie, dit het uitgebrand. Hy is nie van plan om op die oomblik aandag te gee aan ‘n nuwe een nie, moontlik eers weer in 2025. My SA paspoort het verval, ek kan dus nie die normale doane roete en vliegtuig na SA toe gebruik nie.
Nou ja, hoe nou gemaak? Ek doen bietjie navorsing en vind toe ‘n skip wat Antarktika toe vertrek, soos in vanaand, om die kamp se nuwe bemanning te vervoer en die oues wat ‘n jaar daar navorsing gedoen het terg te bring na New Zealand. Baie vinnig ‘n paar toutjies getrek. en my plekkie is reg om saam te gaan. Hul sal my aflaai sodat ek met ‘n bobslee van oos na wes vinnig oor Antarktika kan gaan om die boot van Suid Afrika te kry wat die mense wat op Antaktika werk op te laai terug na hul gesinne. Sjoe, dit het fyn beplanning gekos om alles te laat uitwerk.
Goue Vroue sal jul asb verder reël om my in Kaapstad hawe op te laai?
Sien jul hopenlik so aan einde van die week, om en by die 15e Julie!


En so is ons liewe Scrapy weer op pad na Rebusfontein om saam te kuier. Dankie, Toortsie, Seegogga en Appeltjie dat julle aangemoedig het dat sy kom kuier, sy het inderdaad ‘n plekkie nodig waar sy kan ontspan. Haarself kan word. Ek weet sommer dat jy op Rebus rus kan vind, Scrapy, want daar kan Trompie ook sommer saam verder lewe as hy sou wou. Ek sal ook ‘n draaitjie kom gooi om ‘n drukkie te gee.
LikeLike
Baie dankie Christa vir jou aanmoediging ook. Ek waardeer dit.
LikeLiked by 1 person
Ek mis jou daar, hoop jy gaan die terugkeer baie geniet.
LikeLike
Gaan beslis alles doen om dit te geniet.
LikeLiked by 1 person
Ag so bly jy kom kuier, Scrappy! Tans is Trommeltjies naaste aan Kaapstad, maar ons almal sal planne maak!
LikeLike
Ja wat dankie jul kan sommer ‘n lekker storie daarvan maak om als aan die gang te sit.
LikeLike
En ek is in Grabouw as jy n draai wil gooi voor ons Rebus toe gaan
LikeLike
Grabouw kom beslis op my besoek lysie. Dalk organiseer ons nog ‘n bus en kom maak ‘n draai en laai jou op.
LikeLike
Scrappy, hie is wonderlike nuus! Rebusfontein en sy inwoners juig oor jou terugkoms.
LikeLike
Nou laat jy my eers lekker voel dat jul my met ope arms terug verwelkom. Doen my vinnig kloppende hart goed om dit te weet.
LikeLike
Ons klompie het jou gemis, Scrapy, regtig baie.
LikeLike
Ai, weet jy ek het vanoggend weer ‘n hele stel afgetrap. Het gevoel ek klim in die kar en kom nie weer terug nie. Gelukkig is die weer te onplesierig op oomblik.
LikeLike
Vasbyt Ineke, dit sal defnitief weer beter gaan. Emosionele ongelukkigheid tap al ons energie, daarvan het ek baie ondervinding.
LikeLike
Ek besef dit ter dee. Dis net of ek regtig nie krag het om terug te veg meer nie.
LikeLike
❤️
LikeLike
Welkom terug Scrapy!! So bly jy is terug.
LikeLike
Baie dankie, Woordnoot, ek voel nog heel kwesbaar maar dit sal regkom met bietjie ontspan ook.
LikeLike
Jy mag so voel…maar ek glo hierdie is n veilige spasie waar jy kan ontspan.🌻🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Man, kyk net hierdie wonderlike nuus so met die wakkerwordslag op ‘n Sobdagoggend! Nou sal ek moet woel met daardie koekstruif!
LikeLike
Ek smelt al die botter, lemoenskille klaar gedroog
LikeLiked by 1 person
Nou raak ek haastig om daar te kom.
LikeLike
Jip, ek vat nie nonsies nie. Hoop net die bobslee hou en daars genoeg afdraendes om spoed op te tel.
LikeLiked by 1 person
Weet verseker dat jy ‘n onvergeeflike reis gaan hê. 😁
LikeLiked by 1 person
https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c
Hier is die Inlinkz skakel vir ons nuwe vervolgverhaal. 🙂
Man, ek is opgewonde!
LikeLike
Ek het hom ingesit, dankie
LikeLiked by 1 person
Hoeraaa! Jy kom Rebusfontein toe, ek is soooo bly! En wat ‘n oorspronklike reisplan!! Veilig reis, ons sien jou binnekort, liewe Scrapy.
LikeLiked by 1 person