Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.
-
Hoe dit gekom het… Verhuising/trek
Verhuising of trek. Wat ‘n opwinding is daar op die oomblik in die Kruger huishouding! Ons gaan (moontlik binnekort) na ‘n plasie toe trek. Dis al ‘n geruime tyd dat dit in die pen is dat daar gesoek word na die regte stukkie grond en dan natuurlik ‘n huis om in te bly ook. Op…
-
Woordwarrel: Spelreëls
Spelreëls https://af.wikipedia.org/wiki/Geskiedenis_van_Afrikaans Interessant hoe sekere dinge of gebeurtenisse in mekaar/inmekaar? vloei om dieselfde onderwerp of doel te dek. Die Woordwarrel inspirasie is: spelreëls HesterLeyNel on 2021-12-10(Dis Ekke) administreer hierdie week se inspirasievonk. Die afgelope week het my belangstelling in die skryf van kinderstories weer begin opvlam. Ek is deel, of behoort aan verskillende skryfgroepe, elk met hul…
-
Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing
Grondverskuiwing(slip) Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in…
-
Woordwarrel: Alliterasie assonansie
#WOORDWARREL, AFRIKAANS In die gees van die feesgety, warrel ‘n vrolike storie met ‘n warrelknoop. Die volgende moet alles ingesluit word in jou vrolike verhaal: Gunsteling dier Gunsteling blom of boom of natuurverskynsel (klippe, grasse, patrone) Gunsteling plek in die natuur (berg, rivier, see, vlaktes….) Gunsteling kleur Laastens, span alliterasie en assonansie in Mik vir 600 woorde of meer. Niks minder.…
-
Hoe dit gekom het dat…2: Bobbie mini Schnauzers
Bobbie My tweede mini Schnauzer was Bobbie. Hy was ‘n macho mannetjie. Altyd vol bravade. Sy persoonlike opleier, of voorbeeld was ‘n langbeen boerboel genaamd Boesman. Boesman was altyd voorop as dit kom by rondloop. Bobbie, gladnie links nie het natuurlik ook baie kere die voortou geneem. Die twee het elke oggend of selfs laataand…
-
Woordwarrel: Intensiewe vorme
Hester sê: Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Die reëls verskyn onderaan die blog. HesterLeyNel on 2021-11-25 Intensiewe vorme Eers moet ek doodeerlik wees, ek het nooit die loodregte woordvorme geleer nie; waarvoor ‘n woord of watter…
-
Hartsbehoefte
Die volgende liedjie is vir my op die oomblik ‘n haak terug na Suid Afrika, my Tuisland. Telkens as ek die lied oor die radio hoor moet ek eers stilstaan, luister en saam sing. Daar is so baie mense wat van hul families en geliefdes afgesny is. Hierdie “song is so werklik en op almal…
-
Hoe dit gekom het dat 1: Mini Schnauzers my betower het.
Hoe het dit gekom dat ek verlief geraak het op mini Schnauzers? Almal weet dat ek ‘n diere mens is. Plante is nie my lyn van belangstelling nie. Aan die einde van die 1960 tiger jare het ek Alaskan Malamute geskou en geteel. Dis natuurlik ‘n storie vir ‘n ander keer. Met die skouery van…
-
Woordwarrel: Letterkeer
Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.” Trolle spektakel Drie Trolle drentel-stap die…
-
Sommer net: Kommunikasie
Na aanleiding van Hester se skrywe HesterLeyNel on 2021-11-14 Ek moet bieg – ek is ‘n baie stil op my eie mens, met klem op stil. Hoe het dit gekom dat ek nie my mond kan oopmaak nie? My laerskool jare was heerlike onbevange jare. ‘n Vierman plaasskool en ons was soos een groot familie. Ek het…
Got any book recommendations?