
In die gees van die feesgety, warrel ‘n vrolike storie met ‘n warrelknoop.
Die volgende moet alles ingesluit word in jou vrolike verhaal:
- Gunsteling dier
- Gunsteling blom of boom of natuurverskynsel (klippe, grasse, patrone)
- Gunsteling plek in die natuur (berg, rivier, see, vlaktes….)
- Gunsteling kleur
- Laastens, span alliterasie en assonansie in
- Mik vir 600 woorde of meer. Niks minder.
Warrel woerts-warts woordryk en vertel ‘n vrolike verhaal.
Als die moeite werd
Is dit geel, groen, maroon
Of oranje, rooi
Of blou
Of dalkies grou
Is waarvan ek hou?
……
Diere en giere
Sommige het maniere
Ander het miere
Trompie Pompie
Hondevriend
My hart se punt.
……
Soggens voor warmte
Mens en dier deurboor
Stuur ek my hondekind
Aan my verbind
Aan lopies
Vol hopies
En plassies
Snuffels en fuffels.
……
In die natuur
Vir maklik ‘n uur
Soggens al is dit guur
Niks kan ons keer
Altyd weer en weer.
……
Hier in Upper Hutt
Groot plesier
Om rond te loop
Elke grassie en bossie te doop
Met ‘n wieps of net ‘n poop
Als die moeite werd ou perd
Om te belewe.
…..
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Laat ‘n boodskap