Hoe dit gekom het dat…2: Bobbie mini Schnauzers

Bobbie

Bobbie en Bertus. Regs is klein Nancy by hulle

My tweede mini Schnauzer was Bobbie. Hy was ‘n macho mannetjie. Altyd vol bravade. Sy persoonlike opleier, of voorbeeld was ‘n langbeen boerboel genaamd Boesman. Boesman was altyd voorop as dit kom by rondloop. Bobbie, gladnie links nie het natuurlik ook baie kere die voortou geneem. Die twee het elke oggend of selfs laataand oor die muur om die erf gespring en gou die omgewing gaan verken. Bobbie was nie so goed met die muur oorspring nie, hy het geklouter. As daardie voorpote se naels die opening tussen die muur se beton blaaie gevind het trek hy hom ewe behendig op en oor die muur. Die rondlopery het hom op ‘n stadium ‘n gebreekte been gekos. Dié aand het hy nie huistoe gekom nie. Daar is geroep en gesoek maar hy was nêrens te vinde nie. Die oggend vroeg sit hy voor die toe hek en wag dat ons moet oopmaak. Hy het nie ‘n tjank van pyn gegee nie. Sy agerbeen was mors af. Die veearts het gespalk en gips om gesit wat gelukkig gewerk het om sy been te laat aangroei.

Hoe ons op Bobbie afgekom het was ‘n storie op sy eie. My man het so lief vir Dixie geword dat toe sy dood is hy weer ‘n mini Schnauzer wou hê. Daardie jare, vroeg 1980 tigs, was die mini Schnauzers nog nie so volop nie. Ons kom toe op ‘n advertensie van mini Schnauzers af. Ons geluk, dit was mense of ‘n teler naby Pretoria. ‘n Afspraak gemaak om te gaan kyk. Nou moet ek bysê, ek glo aan volbloed diere of geregistreerde diere by die Kennel Unie in Suid Afrika. Dit wil sê honde met papiere en pedigree.

Ons het die teler se huis maklik gevind. Hul het toe net die ma-hond, wat hul huishond was. Ek onthou nie hoeveel klein hondjies daar was nie maar weet dat net die een reuntjie nog beskikbaar was. Die ander was glo almal reeds bespreek. Ek self is natuurlik nie baie lief vir reuntjies nie omdat hul nie altyd netjies en opgevoed hul besighede kan doen nie(tong in kies). Ons gesels toe bietjie met die mense. Hul het ‘n bekende Kennel se ingevoerde reun by hul teef gebruik. Dus die pa was ‘n “uitstaande Amerikaanse skou kampioen”. Nou kyk, as mense iets so ophemel moet jy weet daars maar ‘n slang in die gras. Ek en my man gesels toe bietjie met mekaar en besluit om maar die hondjie te koop. Ongelukkig het ons genoem dat aangesien dit so ‘n “goeie pa” was ons dalk maar met die hondjie kan teel ‘n bietjie later.

Geheel en al die verkeerde ding om te sê. 

Die eienaar sê dadelik: “As jul met hom wil teel kan ons hom nie aan jul verkoop nie.” Mmmm, interessant.

 “Nee,” kom antwoord, “die reun se eienaar of teler het die voorwaarde gestel dat hondjies nie verkoop word om mee te teel nie.”

 Toe kom dit ook uit dat die hondjies nog nie geregistreer is by Kennel unie nie wat veronderstel is om te moes gebeur het met die nes hondjies. 

Mmmm, nog interessanter. 

Die hondjie eienaar bel toe eers die pa se eienaar. Die het toe ‘n hele storie. Dit alles het my nog meer gedetermineerd gemaak om die hondjie te koop. 

Daar is toe ge-ooo en ge-aaa en op die einde is ons weg met die hondjie op voorwaarde dat ons hom nie vir teel gebruik nie. 

Ek het heelwat kennis oor teel met honde en hul registrasie opgedoen met my telery van Alaskan Malamute en skoue. Hierdie hele storie tiekel my toe baie. 

Ten eerste moet die hele nes hondjies dadelik geregistreer word sodra hul gebore is. Voorheen kon mens enkel hondjies registreer wat nie meer kon gebeur nie. Ek doen toe aansoek om die hondjie te registreer, maak toe of ek nie weet van die hele nes se registrasie nie. Ooooo, genade daar krap ek toe nou vir jou ‘n nes oop wat liewers toe moes bly. 

Die Kennel, waar die pa was, was reeds ‘n verdagte teler wat nie volgens reëls teel en verkoop nie. Daardie tyd het die kennel of teler al ‘n naam gehad van: bly weg van hulle. 

In die tussentyd het ons baie jare se plesier van Bobbie gehad. Hy was regtig ‘n dierbare hondekind. Na my man se dood, 1993, het ek besluit om Potgietersrus toe te trek. Bobbie en Boesman moes vir twee maande in ‘n kennel bly omdat ek geen blyplek gehad het nie. Bobbie was die een wat vir Boesman getroos het want Boesman het ‘n baie klein hartjie gehad.  Hul het dadelik Potties toe gekom toe ek ‘n huis gekry het. Elke middag het ek en my seun die twee in die veld laat hardloop en snuffel.

Bobbie het skielik vinnig agteruit gegaan. Hy het maer geword. Ek het nie besef dat hy nie meer goed kon sien of hoor nie. Ek het wel agtergekom dat hy, as ons gaan loop het, al langs die muur af geloop het sodat hy kon voel waar hy was. Binne in die huis het hy ook telkens dieselfde paadjie van die deur, teen kas en muur langs, kombuis toe geloop. Op  daardie stadium was ek heel onkundig met wat met veral mini Schnauzers kan gebeur as gevolg van inteelt en ook ouderdom.  Ek moes hom te ruste bring deur veearts (laat uitsit) omdat hy net nie meer verder kon nie. Wat my egter tot vandag nog bybly is die manier waarop die veearts se assistent hom sommer aan sy keel opgetel het om hom op die tafel te sit. Dit het so vinnig gebeur, voor ek nog kon afbuk om Bobbie op te tel het hy dit gedoen.  Dit het my hart gebreek. Gelukkig was dit net ‘n paar oomblikke van angs vir Bobbie gewees voordat hy rustig honde hemel toe is. 

Dixie

Boonste foto is Bertus een maand oud. Dixie moet tussen my en hom sit! Onderste foto was Bertus Dixie se gesig en tande met sy waslap voor hy gaan slaap.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

4 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: