
Spelreëls
https://af.wikipedia.org/wiki/Geskiedenis_van_Afrikaans
Interessant hoe sekere dinge of gebeurtenisse in mekaar/inmekaar? vloei om dieselfde onderwerp of doel te dek.
Die Woordwarrel inspirasie is: spelreëls
HesterLeyNel on 2021-12-10(Dis Ekke) administreer hierdie week se inspirasievonk.
Die afgelope week het my belangstelling in die skryf van kinderstories weer begin opvlam. Ek is deel, of behoort aan verskillende skryfgroepe, elk met hul eie unieke manier van hoe daar geskryf kan word of hoe die skryfwerk uitgelê kan word. Elke maand bied die platvorms zoom-sessies aan met bekende of ook nie so bekende maar tog suksesvolle skrywers aan. Die sessies is baie leersaam.
Die kinderboek-groep het toe hierdie keer ‘n skrywer wat ‘n boek vir kinders oor spelling, spelreëls en waar dit ontstaan het geskryf. Dit gaan oor die spelling van woorde in die laat 1700 in Amerika.
Beste van alles is hierdie week moet ons Spelreël gebruik en doen vir ons Woordwarrel!
As jy wiki gaan lees hoe Afrikaans ontstaan het kry jy insig in hoe moeilik dit is om werklik vaste reëls te stel. ‘n Taal is vloeibaar. Dit verander met tyd in stadiums van omstandighede of kultuur.
Afrikaans is volgens my reeds mooi uitgesorteer om redelik goed te kan werk. Daar is egter altyd invloede wat maak dat daar verander word.
As oud-onderwyser hou ek steeds van ‘n suiwerder taal wat algemeen gebruik kan word. Tog is dit moelik om ‘n taal in ‘n “boksie”te sit en te verwag dat dit so sal bly. Veral in Suid Afrika met sy menigdom van tale en/of streke kan dit nie anders dat daar dialekte gevorm is nie.
Huidiglik is die probleem egter dat die taalgebruikers lui is om hul woorde te vorm. Daar word gesluk aan letters of ekstra letters ingesit om woorde mooier te laat klink of liewer om dit makliker te kan sê. Is dit werklik makliker? Ek twyfel.
Die digitale taal is egter vir my as Afrikaanssprekende ‘n euwel. G’n normale Afrikaanssprekende persoon kan daardie mengelmoes van letters en afkortings as Afrikaans aanvaar nie.
Hierdie uitdaging is die laaste aflewering in hierdie reeks vir 2021. Ons gaan ‘n blaaskansie vat oor die feesdae en sal weer hervat in die 2de week van Januarie 2022.
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Laat ‘n boodskap