Woordwarrel: Intensiewe vorme

Hester sê: Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Die reëls verskyn onderaan die blog.

 HesterLeyNel on 2021-11-25

Intensiewe vorme

Eers moet ek doodeerlik wees, ek het nooit die loodregte woordvorme geleer nie; waarvoor ‘n woord of watter groep ‘n woord behoort nie. Tot vandag is dit ‘n doodsukkel om te weet wat Selfstandige naamwoord, werkwoord(tong in die kies!) en die wat ek nie onthou nie, te gebruik as daarna gevra word. Ek moes nou eers ‘n intensiewe soektog loods om te weet wat Hester met intensiewe vorme bedoel. Dis watertandlekker interessant gewees. Het weer kraakvars en kristalhelder eksta breingolwe kon stoor. Vir hoe lank weet ek nie maar sal maar probeer onthou vir ‘n volgende keer.

Dan versoek die superliewe Hester nog dat mens raakmoderne intensiewe vorme moet soek of bou. Ek is oeroud en dit moet bloedjong woorde wees. Nou krap ek eers my kop; met die dat ek nie meer so noue kontak met Afrikaans het nie is dit maar ‘n biltongtaai tammaletjie. Ek het beslis op ‘n paar kristaalhelder intensiewe woorde  afgekom wat ek beslis as woordpêreltjies gaan bêre.

Hier volg die werklike stukkie wat ek eers geskryf het:

Eers moet ek eerlik wees, ek het nooit die  regte woordvorme geleer nie; waarvoor of watter groep ‘n woord behoort nie. Tot vandag sukkel ek om te weet wat Selfstandige naamwoord, werkwoord(tong in die kies!) en die wat ek nie onthou nie, te gebruik as daarna gevra word. Ek moes nou eers ‘n intensiewe soektog loods om te weet wat Hester met intensiewe vorme bedoel. Dis lekker interessant gewees. Het weer iets eksta in my brein kon stoor. Vir hoe lank weet ek nie maar sal maar probeer onthou vir ‘n volgende keer.

Dan versoek die liewe Hester nog dat mens moderne intensiewe vorme moet soek of bou. Ek is oud en dit moet jong woorde wees. Nou krap ek eers my kop; met die dat ek nie meer so noue kontak met Afrikaans het nie is dit maar ‘n taai tammaletjie. Ek het beslis op ‘n paar mooi intensiewe woorde  afgekom wat beslis helder gaan bly..

Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.

Hoe dit werk:

Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.

Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.

Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.

Oopbek en loshande is die enigste reël.

  • Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
  • Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
  • Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
  • Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
  • Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans

Laat waai en geniet dit.


Posted

in

, , ,

by

Comments

7 reaksies op “Woordwarrel: Intensiewe vorme”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Ek moet sê, die een intensiewe vorm wat my aandag hier getrek het, is natuurlik die superliewe Hester 🤣 kyk hoe grinnik ek. Jy praat van woordsoorte leer: ek neem nog steeds deel aand die BeterAfrikaanse vasvraspeletjie en wanneer hulle begin woordsoorte vra, sien ek my alie supervinnig. Ek leer baie “nuwe” dinge wat ek nie kan onthou van skooldae af nie. Nou vertel my dogter my dat hulle nooit juis klem gelê het op grammatika in haar dae nie. Sou dit die nuwe benadering wees om meer klem te lê op vrye taalgebruik i.p.v. die strukture waaraan ons soms nog klou?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong om die waarheid te sê voel ek dat as jy nie die basiese dinge ken nie kan jy nie regtig verbeter op iets nie. Dis waar die probleem vandag is. Geen basis so geen kennis.

      Liked by 1 person

  2. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Superliewe en woordpêrelties is vir my warrelspesiaal.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is vir my netso spesiaal veral die woordpêreltjie.

      Like

  3. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Loslit is die hutsmerk vir nuwe taalmaniere

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, sal bietjie gaan spoorsny.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.