Woordwarrel: Letterkeer

Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.”

Trolle spektakel

Drie Trolle drentel-stap die besige hedendaagse hoofstraat af.

Pappa Trol, Mamma Trol en Sussie Trol.

Dis Pappa Trol se taak om te waak teen die swak toestand van die pad. Sussie Trol spring rats. Dit werk toe nie, sy trap karplaks in die middel van ‘n swart oliepoel sodat mens net olie sien spat.

Mamma Trol is briesend, sy grom dat die gwel so spat. Pappa Trol skraap vir Sussie en trap die gat raak. Die olie tap van hom af. Dit vererg die wit waks uit Mamma Trol, sy kap na Pappa Trol met haar loop-tak. Sy raps hom. Hy spring betyds weg.

Oorkant die straat, naby die gat, sit ‘n Swaap van uit die Kaap. Hy verlekker hom in die toneeltjie voor hom.

“Hehe hehe, mar so olietjie kan spat! Djul lyk soes oliekoeke!”

Die drie Trolle storm.

Hy spring op en het skaars kans om met sy swaar tas weg te hol. Dit was so amper stamper of hy het pak gekry.

How to Draw a Troll - Really Easy Drawing Tutorial
Pappa Troll
Learn How to Draw Bulda from Frozen (Frozen) Step by Step : Drawing  Tutorials
Mamma Troll
Sussie Troll

Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.

Hoe dit werk:

Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.

Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.

Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.

Oopbek en loshande is die enigste reël.

  • Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
  • Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
  • Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
  • Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
  • Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans

Laai waai en geniet dit.

Die plasing Woordwarrel Inspirasievonk 18 November 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.


Posted

in

, , , ,

by

Comments

14 reaksies op “Woordwarrel: Letterkeer”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Oulik, hou van jou sketse ook.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, was ‘n behoefte so uit my hart om oor Trolle en Swape te skryf!

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Hmm, was daar onlangs ‘n paar in jou regtige lewe?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Haha, sal jou liewers nie antwoord nie. Netnou word ek gedagvaar(wat al amper gebeur het!)

          Liked by 1 person

  2. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Maat, hoe lekker laat jy my skater oor trolle en ‘n swaap uittie Kaap. Aweh. Dankie dat jy kom deelneem, en dit terwyl jy die Nanowrimo berg ook klim. Waardeer jou baie. Dankie vir jou #woordwarrel teenwoordigheid.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy het dit prettig gevind. Ek’s bly ekt klaar geskryf. Nou moet ek eers weer asem skep voor ek volgende uitdaging benader.

      Like

      1. Lekkervurigeaffêre Avatar

        Jou doelgerigtheid en deursettingsvermoë is vir my ‘n bron van inspirasie. Dankie vir jou.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie dankie, eks bly ek kan jou inspireer. My progam in my brein is maar so geprogrameer deur jare lange ondervindings.

          Liked by 1 person

  3. Kameel Avatar

    Ag Scrapy dis kostelik. Van een trol aan ‘n ander. ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Trollie, dis lekker om so te hekel met die Trolle en Swape.

      Liked by 1 person

  4. perdebytjie Avatar

    Dis so ‘n oulike verhaaltjie. Ek het lekker gelag, dankie Ineke.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag dankie eks bly jy kon bietjie vrolik wees. Het juis die storie vir my Engelse vriendin vertel en sy het dit selfs geniet al het sy nie ons Afrikaanse beskrywing gehoor nie.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: