Kategorie: avontuur
-
Woordwarrel: Pampoenspook
Jou inspirasievonk vir vandag is “pampoenspook”. HesterLeyNel by https://www.hesterleynel.co.za/2021/10/28/woordwarrel-donderdag-pampoenspook-28-okt-2021/ het die week se woordwarrel voorgestel. Gaan lees gerus hoe die uitdaging werk op haar webwerf. Hier in NZ doen hul Halloween elke jaar op 31e Oktober. Gister vertel ek dit vir my liewe suster. En weet jy wat haar reaksie is? OP SONDAG? Moes toe…
-
Week 3 en 4 oor bang wees
Week drie: Eers moet jy ‘n ondervinding neerskryf waar jy in die derde persoon praat. Die tweede opdrag het ek nie gedoen nie want om gesegdes wat in my familie- kring gebruik is is in Afrikaans of Hollands. Om dit in Engels te vertaal is nie die moeite werd nie want dit kan nie in…
-
Woordwarrel: -ismes
Lekkervurig bied hierdie week se woordwarrel aan. Sy is een wat met woorde kan toor en goël. Gaan lees gerus hier https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/21/woordwarrel-donderdag-inspirasievonk-21-oktober-2021/ wat sy aanbied en lees sommer hoe die woordwarrel werk (lekker praat die w’s met my; woordwarrel werk werklik.) -ismes Woorde wat op -isme/s eindig het my verstom laat staan omdat daar so…
-
Week 2 van skryf oor bang wees.
Intens Een van die drie opdragte wat gedurende week twee verwerk moes word was: Kry iets wat jou herinner aan die omstandighede waarvoor jy wegskram. ‘n Klip, potlood, stuk papier, foto enige iets uit daardie oomblikke. Beskryf alles waaraan jy dink as jy na die voorwerp kyk. Gebruik jou sintuie om die vertelling in te…
-
Maandag=Wasdag 24: Uitspan vir twee maande.
Liewe lesers ek het besluit om bietjie laag te lê met Afrikaans skryf. Ek het die stoute skoene aangetrek en ingeskryf vir twee skryfsessies wat elk oor ses weke strek. Die eerste sessie word aangebied deur: https://www.wow-womenonwriting.com/WOWclasses.html Face Your Fears II: Women Writers Anonymous starts on Monday, September 27, 2021. In this six-week class, you’ll read…
-
Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine
Kom mense laat ons bietjie hoor, Is jy ‘n roetine mens of nie? Hierdie is ‘n plek waar ons lekker in Afrikaans kuier. As jy saam geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak. Ek self sal daarvan hou om te lees wat jy skryf maar ander lesers sal ook beslis belangstel…
-
Angstigheid.
Vandag 9/9/2021 geskryf en gebeur. Die lewe het drie weke terug radikaal verander. Die hele New Zealand is in ‘lock down’ in vlak vier geplaas weens een persoon wat buite in die gemeenskap in Auckland positief getoets is vir Delta virus. Ons was in twee weke van tuisbly. Geen kontak met mekaar. Daar word tuis…
-
Maandag=Wasdag 22:As die verlede by jou kom spook.
As die verlede by jou kom spook. My verlede spook kom meestal by my kuier as ek soggens gewone tyd (so net na vyf) wakker word. ‘n Draaitjie loop, terug in bed klim en omdat dit nog donker is weer vir so ‘n uur of so insluimer of regtig slaap. Die aan die slaap raak…
-
Maandag=Wasdag 20: Weer/die weer.
Verlede Maandag het uitgevries. My voorneme oor die weer te skryf het verys. Kom vertel ‘n paar dinge oor die woord weer. Ons skryf hier in Afrikaans en almal is welkom om saam te skryf. Jy kan ‘n kort stukkie skryf, ‘n lang ene of net sommer soos jy voel. As jy geskryf het sal…
-
Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig
Hardkoppig/koppig/eie wys? Ek het so ses jaar gelede ‘n vrou ontmoet waarmee ek baie goeie vriende geword het met verloop van tyd. Sy is enig in haar soort. Ons het al heelwat sakke sout saam opgeëet. My eerste kennismaking met haar was by die skryfsessies in ons plaaslike biblioteek. Sy het my ook oorgehaal om…