
Jou inspirasievonk vir vandag is “pampoenspook”.
HesterLeyNel by https://www.hesterleynel.co.za/2021/10/28/woordwarrel-donderdag-pampoenspook-28-okt-2021/
het die week se woordwarrel voorgestel. Gaan lees gerus hoe die uitdaging werk op haar webwerf.
Hier in NZ doen hul Halloween elke jaar op 31e Oktober. Gister vertel ek dit vir my liewe suster. En weet jy wat haar reaksie is? OP SONDAG? Moes toe verduidelik dis die 31 Oktober maak nie saak watter dag nie. Vandag is Sondag en in die namiddag gaan kindertjies lekker spokerig aantrek. Die klere gaan ook die bekende pampoenspook op hê. Niks te doen met al die verduidelikings wat die woordeboek gee oor pampoenspook nie.
Ek het toe ‘n pampoen rangskikking gemaak met twee pampoenspokies daarby.

Weet jy dat halloween oorspronklik ‘n christelike fees is/was?
Snaaks, dis een fees wat nooit posgevat het hier by ons nie. Kom klop die kinders ook aan vir trick-or-treat? Ek moet sê, ek het nog altyd gewonder of iemand iemand al ‘n “trick” aangebied het as vergoeding en wat gebeur dan? Dis ‘n oulike rangskikking. Dankie vir jou deelname.
LikeLike
Kinders kom klop aan alle deure, met die Covid hier mag hul nie by huise klop waar daar nie aangedui word dat hul welkom is nie. My bure het jong kinders en hul het hierdie jaar gladnie uitgegaan nie. Die buurman het maklik tricks uitgedeel. Dis maar meer om kleintjies skrik te maak vir die gemaskerde persoon en omdat hul hom gepla het. Ken ook nie hele storie nie. Hul was baie bedreiwig gister namiddag. HOe later hoe kwater. Groter kinders was heel luidrugtig en selfs boy racers het hul motors gebrul in straat, waaroor dit eintlik nie gaan nie.
LikeLiked by 1 person
Boy racers, ai tog! Jy kry altyd die klomp odd balls wat nie die plot van die storie verstaan nie.
LikeLike
Daai spul verpes ‘n mens vreeslik. Hul stop amper elke laataand voor in die straat met daardie dreunende enjin aan die brom.
LikeLiked by 1 person
Nou weet jy hoekom wil ek op my eie eiland gaan woon.
LikeLike
Ek soek ook maar my eie eiland.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou pampoenskildery. Mooi.
LikeLike
Baie dankie, dis weer iets anders.
LikeLike
Oorspronklik ‘n Christelike fees? Regtig?
LikeLiked by 1 person
Ek het ook gewonder, wonder steeds.
LikeLiked by 1 person
Ek weet darem nie?
LikeLiked by 2 people
Die Amerikaners het dit skoon in ‘n ander rigting gestuur.
LikeLike
Voordat die klomp Amerikaners dit oorgeneem het.
LikeLiked by 1 person
Okay. 😁
LikeLike
Pragtige skildery, jy word ‘n pro.
LikeLike
Baie dankie Christa.
LikeLiked by 1 person