Liewe lesers ek het besluit om bietjie laag te lê met Afrikaans skryf. Ek het die stoute skoene aangetrek en ingeskryf vir twee skryfsessies wat elk oor ses weke strek.
Die eerste sessie word aangebied deur: https://www.wow-womenonwriting.com/WOWclasses.html
Face Your Fears II: Women Writers Anonymous starts on Monday, September 27, 2021. In this six-week class, you’ll read assigned essays to see how authors have written about traumatic/shameful events (note: This is an updated version of the original class. There will be new readings and topics explored.) All students in the course will remain anonymous. Students will complete weekly writing assignments and receive individual feedback from the instructor. By the end of the class, you’ll have a complete draft of your brave essay.
Die tweede een begin op 4 Oktober tot 8 November. Dit gaan ses negentig minute zoom sessies wees wat aangebied word deur : https://magicofmemoir.com/
Dan is ons al ‘n week in NaNoWriMo in November. Dis my vierde November skryftyd. 50000 woorde in 30 dae. Ek het besluit om hierdie jaar my New Zealand ondervindings neer te skryf. Vandat ek hier aangeland het tot nou November 2021. Dit gaan ‘n interessante skryf maand vir my word omdat ek nog net los en vas oor NZ geskryf het.
Dalk sal ek in November stukkies skryf vir Wasdag omdat ek NaNoWriMo in Afrikaans skryf.
Soos jy kan agter kom gaan ek besig wees met ernstige skryfwerk. Dit sluit aan by my vorige stuk oor roetine. Ek moet “verplig word om te werk anders loop ek wye draaie om dit nie te doen nie.
Geniet alles wat jou hand vind om te doen en groete van huis tot huis.
Jy moet lekker skryf! ❤
LikeLike
Dankie, ek sal maar sien hoe ver ek kom. My kop is nog nie ingestel nie maar ek moet iewers begin.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte vir al die stories wat jy moet skryf😀
LikeLike
Dankie, het begin om te beplan sodat ek die tyd nuttig kan gebruik.
LikeLike
Wonderlik! 👍
LikeLiked by 1 person
Geniet dit vreeslik! 💖
LikeLike
Dankie ek gaan. Sodra ek ingestel is vloei die herinneringe in strome in my gedagtes verby.
LikeLike
Sjoe! Jy gaan behoorlik besig wees! Baie sterkte daarmee. Dit klink ‘n geweldig interessante onderwerp wat julle gaan behandel, iets wat vir enige persoon goed is om te doen.
LikeLike
Ja, gaan my sokkies optrek en skouer aan die wiel sit om iets op papier te kry. Daar is altyd dinge waaroor mens nie praat of weet hoe om te bewoord nie. Die eerste klasse gaan oor die skryf, taalgebruik en uitdrukking van inligting om dit vloeiend te maak en interessant ook.
LikeLiked by 1 person
Onthou net om gereeld op ons blogs te kom gesigwys, Scrapy. Anders gaan ek jou mis!
LikeLike
Gesigwys gaan ek beslis doen. Ek is ook maar verslaaf aan alger se skryfsels en dinge.
LikeLike