Week 3 en 4 oor bang wees

Week drie:

  1. Eers moet jy ‘n ondervinding neerskryf waar jy in die derde persoon praat.
  2. Die tweede opdrag het ek nie gedoen nie want om gesegdes wat in my familie- kring gebruik is is in Afrikaans of Hollands. Om dit in Engels te vertaal is nie die moeite werd nie want dit kan nie in Engels dieselfde wees as wat dit werklik was nie.
  3. Dan die derde stuk moet jy die tweede persoon gebruik om nog ‘n stuk te vertel. Die stuk moet afgesluit word met ‘n sin geskryf in die toekomstige tyd.

My terugvoer was baie positief. My mede skrywers het baie goeie punte uitgelig terwyl my hoof groepleier/aanbieder die volgende sê:

“You’re really talented at writing short but powerful pieces. I’m super impressed.”

Sy het bv sinne uitgewys wat baie goed geskryf is. 

Week vier:

Dit was ‘n moeilike week om te skryf. Daar het nie net heelwat in my omgewing gebeur wat my aandag afgetrek het nie maar ook die opdragte was moeilik om te gebruik.

Jy moes humoristies skryf; dit oor ‘n gebeurtenis in my lewe wat gladnie oor te lag was nie. Ek het die hele week geloop en broei oor die opdragte:

  1. Eerste odrag was om ‘n deel te beskryf waar jy in ‘n posisie was waar jy nie jou uitgespreek het op daardie oomblik toe die omstandighede belaglik of lagwekkend was. Na jy dit geskryf het maak ‘n lys van al die woorde wat jy die persoon wat dit aan jou gedoen het moes toegesnou het onder die hofie ”Wat ek moes gesê het.”
  2. Opdrag twee: Dink aan omstandighede wat baie trauma veroorsaak het en skryf ‘n smeer brief aan die persoon.
  3. Opdrag drie het ek nie gedoen nie. Jy moes ‘n akademiese verslag skryf oor  omstandighede en wat gebeur het.

Ek het die eerste twee oefeninge gedoen en weggestuur. Nou wag ek vir die terugvoer wat komende week kom.


Posted

in

, , , ,

by

Comments

2 reaksies op “Week 3 en 4 oor bang wees”

  1. Toortsie Avatar

    Baie geluk dat jy so wonderlik deurdruk en geluk met die uitstekende terugvoer wat jy gekry het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Toorts, dit boost my selfbeeld baie. Onthou dis nog in Engels ook!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.