Kategorie: avontuur

  • Hoe dit gekom het dat… ons pampoen eet

    Hoekom pampoen van alle dinge? Van huis uit, as ‘n Nederlander. het ek as kind nooit met pampoen te doen gekry nie. Ons het net nie pampoen gekry nie omdat dit onbekend was. In die koshuis het ek vir die eerste keer pampoen gekry. Dit was so-so vir my. Ek was nooit ‘n groot soettand…

  • Hoe dit gekom het…Positiewe toets

      Liewe Covid Amper twee weke terug, Dinsdagoggend nadat ek klaar aangetrek was, en reg was om Beatrix skool toe te vat, tref ‘n onverwagse aankondiging my vol tussen die oë. Bea toets positief vir Covid en ons, as naaste kontak, moet vir tien dae afsonder. Goed en wel, dis ‘n hele omwenteling vir almal.…

  • Hoe dit gekom het…dat hier stilte was.

    Stilte op my blog Beslis stilte. Geen woord geskryf of selfs aan iets gedink om te skryf vir meer as twee maande. Vir meer as twee maande was hier woorddroogte in my gemoed. So baie het gebeur in daardie tyd dat ek net nie kon bybly met alles nie. My omstandighede het totaal en al…

  • Hoe dit gekom het… Verhuising/trek

    Verhuising of trek. Wat ‘n opwinding is daar op die oomblik in die Kruger huishouding! Ons gaan (moontlik binnekort) na ‘n plasie toe trek. Dis al ‘n geruime tyd dat dit in die pen is dat daar gesoek word na die regte stukkie grond en dan natuurlik ‘n huis om in te bly ook. Op…

  • Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing

    Grondverskuiwing(slip) Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën  hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in…

  • Woordwarrel: Alliterasie assonansie

    #WOORDWARREL, AFRIKAANS In die gees van die feesgety, warrel ‘n vrolike storie met ‘n warrelknoop. Die volgende moet alles ingesluit word in jou vrolike verhaal: Gunsteling dier Gunsteling blom of boom of natuurverskynsel (klippe, grasse, patrone) Gunsteling plek in die natuur (berg, rivier, see, vlaktes….) Gunsteling kleur Laastens, span alliterasie en assonansie in Mik vir 600 woorde of meer. Niks minder.…

  • Hoe dit gekom het dat…2: Bobbie mini Schnauzers

    Bobbie My tweede mini Schnauzer was Bobbie. Hy was ‘n macho mannetjie. Altyd vol bravade. Sy persoonlike opleier, of voorbeeld was ‘n langbeen boerboel genaamd Boesman. Boesman was altyd voorop as dit kom by rondloop. Bobbie, gladnie links nie het natuurlik ook baie kere die voortou geneem. Die twee het elke oggend of selfs laataand…

  • Hoe dit gekom het dat 1: Mini Schnauzers my betower het.

    Hoe het dit gekom dat ek verlief geraak het op mini Schnauzers? Almal weet dat ek ‘n diere mens is. Plante is nie my lyn van belangstelling nie. Aan die einde van die 1960 tiger jare het ek Alaskan Malamute geskou en geteel. Dis natuurlik ‘n storie vir ‘n ander keer.  Met die skouery van…

  • Woordwarrel: Letterkeer

    Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.” Trolle spektakel Drie Trolle drentel-stap die…

  • Sommer net: Kommunikasie

    Na aanleiding van Hester se skrywe HesterLeyNel on 2021-11-14 Ek moet bieg – ek is ‘n baie stil op my eie mens, met klem op stil. Hoe het dit gekom dat ek nie my mond kan oopmaak nie? My laerskool jare was heerlike onbevange jare. ‘n Vierman plaasskool en ons was soos een groot familie. Ek het…