Stilte op my blog
Beslis stilte. Geen woord geskryf of selfs aan iets gedink om te skryf vir meer as twee maande.
Vir meer as twee maande was hier woorddroogte in my gemoed. So baie het gebeur in daardie tyd dat ek net nie kon bybly met alles nie.
My omstandighede het totaal en al verander.
Eers het ek vir maande al geweet dat daar verandering gaan kom met my blyplek. Uiteindelik was die tyd ryp.
In die tussentyd het ek stelselmatig al begin uitsorteer en weggegooi of wegegee wat ek regtig nie gebruik of nodig het nie.
Die huis is in die mark gesit, maar eers moes alles opgepak en netjies gemaak word sodat mense na die huis kan kom kyk. Van my goed is solank gestoor. Net my bed, eetkamer tafeltjie en stoele, bank en TV in sitkamer, en sie daar, als was netjies. Stella, my skoondogter, het plante gebring en nog ekstra tierelantyntjies om die plek op te kikker. Die fotograaf kom en neem fotos wat in die advertensie gesit word om plek te verkoop.
Elke Sondag oggend was daar n “open home” tot die huis verkoop is. Ek dink dit het drie keer gebeur toe is die huis verkoop. Baie vinnig. Die eerste “open home” het die koper opgelewer wat beslis baie gelukkig is en gou gegaan het.
Toe begin die twee weke van regtig groot inpak en wegdoen. Ek het als wat ek nie wou hê of meer kan gebruik vir liefdadigheid gegee.(Onthou ek gaan op einde in ’n sogenaamde ‘tiny home’ bly wat my seun self gaan bou, baie opwindend. Geen plek vir sogenaamde muis nie)
Ek trek twee weke terug(Kannie glo ek is al twee weke hier nie) by kinders in. Net my verf- en tekengoed het ek in ‘n houer gesit want ek kannie sonder dit wees nie.
Nou slaap ek in Beatrix se kamer wat eintlik hul speelkamer geword het omdat die twee kinders saam in ‘n ‘bunk bed’ slaap wat Pappa vir hul gebou het.
Ons het amper die eenheid ook verkoop(waar ek eers gebly het). Sodra dit afgehandel is trek ons almal plaas toe.
Wat ‘n heerlik vooruitsig.







Laat ‘n boodskap