Kategorie: Maandag = Wasdag
-
Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?
Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…
-
Maandag=Wasdag 13: Terugflitse
Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…
-
Maandag=Wasdag 12: Bokdinge
Dis weer ‘n nat en reënerige Maandag hier by my. Gelukkig nog nie te koud nie. Daar het wel die naweek so stof-sneeutjie op hoë gebergtes geval. Dit het gemaak dat die dae so bietjie kouer was. Ek loop al meer as drie weke en dink aan die volgende storie. Die woord ‘bok’ het in…
-
Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.
Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang. Almal wat van Afrikaans…
-
Maandag=Wasdag 10: HOU KOERS
10 Hou Koers Maandag het weer aangebreek. Dis weer tyd om wasgoed op te hang. Ek nooi almal, wat lief is vir Afrikaans, om iets saam te skryf. As jy geskryf het kan jy jou skakel by my kommentaar inplak en ander skrywers/lesers kan ook jou stukkie lees en geniet. Baie dankie aan al die…
-
Maandag=Wasdag 9:Eina
Hiers ek uiteindelik weer terug by Maandag= Wasdag. Ek het heerlik twee maande geteken en met waterverf begin eksperimenteer. Stadig maar seker kom ek in die ding om met selfvertroue te skilder. Nou is dit weer tyd dat ek voort gaan met skryf. Skryf in Afrikaans. Afrikaans lê my na aan die hart. Almal is…
-
Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde
(Ek kannie glo dat vandag tien jaar gelede die aardbewings in Christchurch plaasgevind het nie.) Dis weer Maandag en die weer speel mooi saam vir ‘n goeie wasdag. Hondekomberse en alle los matjies wat gewas kan word, word vandag gewas. Hier, op ‘n Maandag, word lekker gekuier oor allerhande ondervindings en gebeurtenisse. Ons doen dit…
-
Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier
Maandag=Wasdag het aangebreek sonder dat ek dit besef het. Verlede week was ‘n vol week vir my gewees. Baie gedoen gekry. Verlede week se frustrasie het ‘n paar mooi beskrywings opgelewer. Toortsie stel toe nogal voor dat ons bietjie oor vreugde kan gesels. Frannie vertel toe ook oor haar oudword frustrasies. Ek besluit toe dat…
-
Maandag+Wasdag 6: Frustrasie
FRUSTRASIE Dit is alweer Maandag. Ons het ‘n vakansiedag hier in New Zealand en ek is amper te lui om te skryf. Dit sal my egter goed doen om my uit te leef in my skryfwerk. Hier word op ‘n Maandag in Afrikaans geskryf en julle volg my voorbeeld en skryf lekker saam met my.…
-
Maandag=Wasdag 5: Draadloos
Daars hy, weer ‘n Wasdag en goet wat opgehang moet word. Ek het die helfte van die week al begin dink om radio te gebruik die week. Loop ek toe met Trompie, en daar kom draadloos toe in my gedagtes en die idee steek sommer vas. Geniet die skryf want dis Afrikaans. Afrikaans is mos…