Daars hy, weer ‘n Wasdag en goet wat opgehang moet word.
Ek het die helfte van die week al begin dink om radio te gebruik die week. Loop ek toe met Trompie, en daar kom draadloos toe in my gedagtes en die idee steek sommer vas.
Geniet die skryf want dis Afrikaans. Afrikaans is mos lekker. As jy voel om ‘n stukkie te skryf is jy welkom om jou skakel in my kommentaar te plak. Ander sal ook graag jou skryfsels wil lees.
Draadloos
Voor ek oor draadloos skryf besluit ek om eers die woord op te soek. Ek het ‘n oeroue Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Uitgegee in 1961.
Die volgende word gesê van draadloos
Draadloos – radio (dis nie wat ek soek nie)
Draadloos – sonder draad, sonder vesel
Draadloosstasie – toegruste plek waarvandaan ‘n draadloosdiens beskikbaar is
Draadloostoestel – instrument om uitgesaaide items op te vang en weer te gee
Nou ja, kyk maar hoe jy die draadloos(sonder klere?) sien.
My ondervinding van draadloos het eers heelwat later gekom as meeste mense omdat ons in die begin jare nooit een gehad het nie.
Ons het eers 1958 se kant ‘n radio gekry. Daar was ‘n draadloos in ons sitkamer. Ons kon net vyf uur die kinderprogram of stories luister.
Spannend: Frits Deelman en die ruimteskepe van mars.

Ons kon nie wag om te kan luister na die volgende aflewering nie.
Ook Staal Burger was iets waarna ons uitgesien het.
Ons trek plot toe in 1960 en ek gaan hoërskool toe. Daar was nooit krag nie dus was ons draadlosie een wat met batterye gewerk het. Ons kon net sekere tye luister want die battery moes gespaar word. Daar was saans weer om die draadlosie vergader om na “Die du Plooys van Soetmelksvlei” te luister.
Smiddae het my ma altyd Springbokradio se “Die geheim van Nantes” geluister. Ons het eers teen drie uur van die skool af gekom en kon nie gedurende skooltyd luister nie. Net vakansies het ons saam met my Ma luister.
Daar was ook ‘n musiekprogram(naam ontgaan my) waarna ons soggens kon luister. Ek dink dit was half tien tot tien uur, want tienuur moes ek ons bokke uitvat om te gaan wei.
Dan was daar Vrydagaande LM radio met hul musiek uitsendings. My pa het nie juis veel ooghare vir die Ruk en Rol musiek gehad nie, daarom kon ons nie elke Vrydag luister nie.
Iets wat ek wel weet is dat my Pa snags laat na ‘n Hollandse stasie geluister het; veral sokkerwedstryde.
Dit dan ‘n bietjie oor my draadloos ondervindings. Goeie ou dae gewees.
2017 gepubliseer.
Dankie aan die volgende ouens wat oor verlede week se Tema geskryf het:
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/01/26/kameel-brand/
Christa
Lekkervurig
Baie dankie weereens, jul maak my Maandag=Wasdag die moeite werd.
Sjoe, hoe nostalgies maak jy my 🥰
LikeLiked by 1 person
Toe ek begin soek na stukkies oor die stories moes ek myself inhou om nie sommer die hele oggend net te luister en te kyk na alles nie. Mooi goed ontdek ook soos daardie 2017 80jarige verjaarsdag. Is jy amper oppad of is dit weer uitgestel of moet ek liewers nie vra nie?
LikeLiked by 1 person
Waardeer dit dat jy vra! Is amper op pad, sal laat weet wanneer ek tuis is.
LikeLike
Ag sterkte en ek hoop dit gebeur regtig. Ek hoor die lockdown in SA is weer bietjie verslap. Hier het hul een in die gemeenskap gekry nadat sy uit kwarentein gekom het. Nou is daar weer strenger inkom eise.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, liewe Scrapy!
LikeLike
Hope liefde en ‘n stywe druk vir jou en jou kinders daar voor jy vertrek ook.
LikeLiked by 1 person
Oe, laat jy my nou lekker verlang na die ou dae.
LikeLike
Ja-nee ek het self baie tyd gebruik om alles te skryf. Daar het telkens nog programme opgeduik. Ek het tot n foto van Rudi Neitz my duise onderwyser raakgeloop. Dit het my oggend gemaak. Hy is al oorlede maar was n fantastiese mens gewees.
LikeLiked by 1 person
Oe ek het van sy musiek gehou
LikeLike
Ek het al oor hom geskryf. Hy het altyd Vrydae laaste periode gesing.
LikeLiked by 1 person
Lekker tye gewees, Ineke!
LikeLike
Ja en hoe meer mens daaroor dink hoe meer duik nog op ook.
LikeLike
Ja beslis !
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/
LikeLike
Dankie ou ster student!
LikeLike
Dit maak mens lekker nostalgies. Elke middag se Liefdeslied. Die du Plooy’s, LM radio… en later met Ken op Vrydagaande “The creeking door.”
LikeLike
Ken nie daardie krakende deur nie want ons het maar net afrikaans geluister. Daars nog genoeg wat ek kan skryf oor daardie radio tyd. Sal maar een of ander tyd n opvolg moet skryf. Wat van burgerband en walky talkies.
LikeLike