FRUSTRASIE
Dit is alweer Maandag. Ons het ‘n vakansiedag hier in New Zealand en ek is amper te lui om te skryf. Dit sal my egter goed doen om my uit te leef in my skryfwerk.
Hier word op ‘n Maandag in Afrikaans geskryf en julle volg my voorbeeld en skryf lekker saam met my. Ons skryf in Afrikaans want Afrikaans is ons moedertaal en niks kan dit van ons wegvat nie. As jy geskryf het mag jy gerus jou skakel in my kommentaar plak sodat ek en ook ander lesers dit kan lees. Geniet dit.
FRUSTRASIE
Dit frustreer my met tye baie as ek iets wil doen en dit werk nie uit nie of dat alles wat jy nodig het nie beskikbaar is nie.
Ek het die hele week alweer geloop en broei oor iets om te skryf. Donderdag laat middag, laat middag strek maklik tot nege uur saans omdat dit so lank lig bly in die somer, besluit ek om te soek.
Te soek vir wat?
Laat ek bietjie terugwerk in my lewe. Ek was ‘n baie geïnspireerde foto-album maker en onderrigter. Dit was die lekkerste lekker om telkens ‘n nuwe blad uitleg te beplan vir die week se klas(hierdie was toe ek nog in Suid Afrika was). Ek land in New Zealand en kyk uit vir dinge om my mee besig te hou. Daar word toe by ons “Vroue sentrum” foto-plakwerk aangebied. Ek besluit om vir ‘n paar weke dit by te woon.
Wat ‘n frustrasie was dit nie. Die dame was ‘n konsultant vir ‘n “scrapbook maatskappy” en sy het die papier en alles ook verkoop. Haar klasse was styf en sonder enige verbeelding. Goed, ek het tog wel ekstra dinge geleer want ek is altyd oop vir iets anders. Ek het goeie vriende met die dame geword en baie klasse bygewoon en selfs vir haar waargeneem terwyl sy oorsee vakansie gehou het. Sy het my egter op my eie laat aangaan want sy het besef, hierdie vrou weet genoeg om nie met haar te sukkel nie. Nou moet ek bysê die dame was baie dominerend gewees. Sy het daarvan gehou dat jy moet doen soos sy vir jou wys.
Terug na my soektog.
Ek het ‘n 8”x8” album gekoop verlede jaar om Amelia se fotos in te plak. Al die bladsye is toe vol geplak en ek koop ekstra aanvulling vir album. Toe wil ek die album se skroewe losdraai wat onmoontlik was. Frustrasie.
Uiteindelik vra ek eendag my seun om die skroewe los te draai. Nou die nuwe aanvulling insit. Frustrasie.
Die nuwe aanvulling se gaatjies pas nie. Ek sou ekstra gate moes maak. Hoe en met wat? Frustrasie.
Ek pak die hele kaboedel weg.(Dit was net na die inperk fases verslap is)
Hierdie afgelope week gaan ek winkel toe en koop ‘n nuwe album in die hoop dat die binne bladsye inpas. Frustrasie.

Ek kry nie die skroewe losgedraai nie. In die tussentyd soek ek toe die laat middag na die eerste album se skroewe. Frustrasie.
Ek kry hulle nie.
Vrydag besluit ek nou gaan ek behoorlik die skroewe soek. Hul kan nie weg wees nie. Ek lig alles op en soek. Sowaar daar kry ek een en ‘n halwe skroewe netjies in n holtetjie gesit om later te gebruik.

Frustrasie.
Dis nie al die skroewe nie. Ek het wel in my agterkop ‘n idee van waar die res kan wees. Tog het ek die vorige aand op die plek gekyk. Stap na my houer waarin ek my tekenboekies, potlood en uitveër het. Pak hele houer uit en sowaar daar is die res van die skroewe weggesteek onder ‘n papier.
Hoekom ek die skroewe soek is omdat ek verlengings nodig het om die album dikker te kan maak en die verlengings is in die album se skroewe ingedraai. Frustrasie.
Wat gaan ek doen?
Gaan ek die ou albumpie gebruik en gate in die ekstra aanvulling maak en verder plak?
Of
Wag tot die nuwe album se skroewe losgedraai is.
Maklikste uitweg, ek bêre die hele spulletjie en my lus om fotos te plak is weg.
So werk dit met vele van my projekte!
Verlede week het net een inskrywing opgelewer.
Baie dankie Kameel jy is my getrouste ondersteuner.
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/02/02/kameel-draadloos/
My tong hang uit van lus vur skryf, maar tans is tyd opgeneem deur skool (tot 3:00) en daarna die huis. Frustrasie!! Myblog word afgeskeep.
LikeLike
Ja nee dis beslis n frustrasie as mens wil maar nie tyd kry nie. Dit sal weer rustiger gaan sodra alles georden is.
LikeLike
Scrapy hoe klink dit my jy het ‘n skroef of twee los…. ag ekskuus weg. Sien hoe ‘n groot frustasie is dit om nie al jou skroewe bymekaar te hê nie? Terg jou net… wanneer jy weer die projek aanpak vertrou ek dit vorder flink.
LikeLike
Baie skerp Kameel, nooit so daaraan gedink nie. Jong my scrap skroewe is nog te styf toegedraai en die lus is nie regtig daar nie. In die tussentyd hoop fotos op. Bea se geboorte moet ook nog gedoen word.
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/02/10/kameel-frustasie/
LikeLike
Dankie sal seker vanaand tyd kry om te lees.
LikeLike
Ek is ook skuldig, wil elke keer skryf, weet selfs wat ek wil skryf, en dan skryf ek nie. En jy doen soveel moeite met jou weeklikse uitdaging.
LikeLike
Ek weet hoe dit gaan jong. Dit vat ook baie deursettingsvermoë om elke Maandag iets te skryf. Dit begin telkens met: ek gaan oorslaan, maar dan kom daar tog skielik iets verby wat my weer prikkel.
LikeLiked by 1 person
So bly jy hou aan.
LikeLike
Baie dankie jy maak my dag en my skryfwerk makliker. Nou moet ek weer begin dink an volgende onderwerp.
LikeLiked by 1 person
Sterkte
LikeLiked by 1 person
Wat van ‘vreugde’ ná die ‘frustrasie’?
LikeLike
Dankie dit klink nogal ‘n goeie idee. My skroewe gekry en my seun het albumskroewe oopgedraai! Vreugde!
LikeLiked by 1 person
Tannie Frannie: https://frandr.wordpress.com/2021/02/14/maandagwasdag-6-frustrasie/
LikeLike