Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?

Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig is dit ook partykeer nodig om bietjie boek te hou van gebeure. Hierdie keer hou ek dit ‘n bietjie ligter.

Maandag=Wasdag is ‘n plek waar jy jou wasgoedjies kan kom uithang. Ons skryf hier in Afrikaans en almal wat Afrikaans is word hartelik uitgenooi om saam te skryf. Elke week gee ek ‘n nuwe onderwerp. As jy op jou blad geskryf het nooi ek jou om jou skakel hier by my kommentaar in te plak. Ander lesers sal beslis ook daarvan hou om jou skryfstuk te lees. Lekker skryf.

 

Waarvan hou jy meer?

Eintlik wou ek geskryf het:

Hou jy van plante of diere; van kook of handwerk; van uitgaan of tuisbly.

Dit is ‘n bietjie te eng gestel. Meestal is dit eerder dat mens meer van een ding hou as van ‘n ander een.

Plante en diere.

Diere is eintlik my liefde. Hul gee my oneindig baie plesier. Hul kan jou metgesel wees of net ‘n asempie wat lewendig is. Diere vul my daaglikse lewe. As ek met Trompie loop ontmoet ons ander honde en hul eienaars. Ons sien katte wat soms sku is en ander kere vriendelik. Dan is hier ook heelwat voëls wat in die bome is. Daar was juis verlede week n groep kraalogies wat heerlik in en uit, en op en af in ‘n boompie gevlieg het. 

My gevoel vir plante is eintlik nie baie goed nie. Daar is niks verkeerd mee om plantjies te plant en te versorg nie. Dis egter nie my groot liefde soos diere nie. As ek goed plant groei dit beslis goed omdat ek dit versorg. Die versorg is egter nie vir my die lekkerste om te doen nie. Hier is daar byvoorbeeld water beperkings. Ons mag net elke tweede dag water gee en dit dan met die tuinslang in die hand. Dit is lekker as ek staan en nat spuit maar dis ook al. 

Ek het byvoorbeeld geen plante in my huis nie. Potplante is nie my ’koppie tee’ nie want mens moet dit versorg. Dit vergaar ook stof. Ek het meestal potplante binne gehad maar nou het ek my voet neergesit en ek wil nie potplante hê nie.

Premium Vector | Cute happy funny monstera plant in pot with question mark  and idea lightbulb. cartoon character illustration icon design.isolated

As ek nou so terugdink dink aan tuinwerk wat ek moes doen terwyl ek op skool was moes dit my ‘n gly gegee in plant en plante. Daar moes gespit word. Nie net ‘n tuintjie nie ‘n hele land vol meestal voer. Kompos ingewerk word. Geplant word- meestal met die hand. Dan moes daar geskoffel word en onkruid uitgetrek word. Daar is water gelei sodat die plante nie vrek nie. Sjoe dis tydrowende werk. Ek het meer daarvan gehou om in die veld te wees saam met ons melkbokke om hul te laat wei en op te pas.

Kook of handwerk

Kid Cooking Cartoon Stock Illustrations – 5,228 Kid Cooking Cartoon Stock  Illustrations, Vectors & Clipart - Dreamstime

My weersin in kook het gekom toe ek by die skool moes pannekoek bak. Dit was die eerste gereg wat ons moes doen toe ons met kookkuns begin het. Ten eerste was my beslag(deeg) te dun. Dit wou nie bak nie. Die juffrou het my ‘n klap gegee en gesê: “Jy’s net goed genoeg om skottelgoed te was.” Dit het my afgesit van kook. Ek het darem op die einde goed gevaar in huishoudkunde net omdat ek dit moes doen. Op ‘n stadium het ek begin om vir VLU te bak en te brou. Die eerste wat ons moes bak was ‘n broodjie met suurdeeg van Anchor. So waar as wraggies, toe is myne die beste en het ek ‘n silwer skinkbordjie gekry. Toe het ek bietjie meer gebak. Ongelukkig was die voorbereiding van gekookte kos vir my nie ‘n uitdaging nie. Later jare het ek sommer net wat ek gehad het gekook of voorberei sonder enige vieterjasies. Ek is steeds nie baie lief vir ‘n kokery nie. Ek het die vermoë, maar nooit die lus nie.

Maar laat dit kom by handwerk! Dan spring ek in, dis vir my heerlik om nuwe dinge te maak. Van breiwerk, hekel en borduur; laslap en kwilt; fotoplakwerk en fotos neem; teken met potlood en waterverf; noem maar op ek sal dit doen.

Tuisbly of uitgaan

Dis ‘n storie op sy eie. Ek bly maar ’n huishen. As ek nie hoef uit te gaan nie sal ek nie daarvoor gaan soek nie.

+++ +++ +++

Baie dankie aan my twee staatmakers wat die bul by die horings gepak het en oor terugflitse geskryf het.

Kameel het nie ‘n goeie terugflits beskryf wat op einde tog verligting gebring het. https://kameel179438031.wordpress.com/2021/05/27/kameel-terugflitse/

Toortsie en die klavieroefeninge wat vandag vir haar goud werd is.

Terugflitse


Posted

in

, , ,

by

Comments

16 reaksies op “Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    So, dit is dan daarom dat ek en jy by mekaar aanklank vind. Ek stem in elke opsig saam met jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het ook gevind dat ons beslis baie in gemeen het. Die omstandighede waarin ons opgegroei het is baie dieselfde.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ons belangstellings ook.

        Like

  2. Una Avatar

    Scrapy, het jy die huis-prentjie geteken?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, nee ek was haastig om ‘n prentjie te kry. Hierdie een lyk baie soos my huisies wat ek teken in elke geval.

      Like

  3. Aletta - nowathome Avatar

    Lekker gelees Ineke! Ek hou van diere en tuine en het nie potplante in my huis nie! Ek is mal oor kosmaak en bak en brou graag! Handwerk is waarvan ek die meeste hou! Teken, skilder (ek probeer 🙂 ) hekel borduur fotografie en en en….

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Geen wonder ons kuier so lekker saam nie, al is dit ook van ver af.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Dis presies wat ek ook gedink het!

        Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar

    Nou hoe hou onse Martha nie van die kombuis nie? Ek sien jou mos as ‘n Martha van die bybel… hande wat alles kan doen. Mooi dag daar in die poskaart. ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, ek dink om so vir jare net vir jouself te kook is dit nie meer nodig om te moet moeite doen nie. As ek bv my Food Bag se aandete weer aanmekaar geslaan het kan ek meestal nie glo dat dit so lekker is nie. Dis eintlik omdat mens al die bestanddele het om dit lekker te maak.

      Liked by 1 person

  5. Positief Avatar

    Ek hou van die goed waarvan jy hou, maar ek dink ook jou hande staan verkeerd vir niks hoor

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Positief. Dis eintlik ingebore dink ek. My ma he met baie min dinge reggekry wat mens nie kan glo nie. Dis maar waar ek dit ook gesien het. Klink elke geval of jy self goed handig is met alles.

      Liked by 1 person

      1. Positief Avatar

        Suinig is wat ek is, dink altyd ek kan goed self maak. Baie trane en kraswoorde later, besef ek dat ek maar moes betaal het vir die klaar gemaakte ding

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Toemaar ek ken daardie spaar en doen self en op einde is dit beter om maar geld daarop te sit.

          Liked by 1 person

  6. Waarvan hou jy meer? – toortsie.com Avatar

    […] wat Scrapydo vra: Waarvan hou jy meer? En toe ek haar bloginskrywing verlede Maandag gelees het, het die woorde […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.