Maandag=Wasdag 10: HOU KOERS

10 Hou Koers

Maandag het weer aangebreek. Dis weer tyd om wasgoed op te hang. Ek nooi almal, wat lief is vir Afrikaans, om iets saam te skryf. As jy geskryf het kan jy jou skakel by my kommentaar inplak en ander skrywers/lesers kan ook jou stukkie lees en geniet. 

Baie dankie aan al die persone wat so gereeld my stukkie lees en ook “like”, ek waardeer jul ondersteuning.

Hierdie week, kuier ek bietjie in die jaar 2020/21 wat verby is se ondervindings wat ek beleef het hier in Nieu Seeland.

Hoekom “HOU KOERS”?

Net ter inleiding waar “Hou Koers” vandaan kom of gebruik word.

Onderwerpe: Die leuse van die Voortrekkers

Op 1 Augustus 1931 het die stigtingskomitee van Die Voortrekkers in Pretoria vergader om onder andere te besluit oor ʼn geskikte leuse. Tydens die ontstaan was verskeie leuses voorgelê, onder andere die volgende: Waak en Werk (Graaf-Reinet), Vorentoe (Malan-kommisie), Padlangs (Eybers-kommisie).

Nie een van die leuses was vir die stigtingskomitee geskik nie. Skielik het NJ van der Merwe uitgeroep: “Wat van: Hou Koers!?” Die voorstel is dadelik met groot geesdrif aanvaar. Vandag is die “Hou Koers”-leuse seker een van die bekendste organisasieleuses in Suid-Afrika. JD Kestell het later jare gesê: “Die persone wat daardie leuse gekies het, het soos die Romeinse boumeesters van ouds, sterker gebou as wat hulle gemeen het.”

Om koers te hou is soms baie moeilik, tog, as mens vasstaan kan dit baie help om ‘n beter einde/uitkoms te beleef.

Dit is ‘n jaar nadat ek finaal besluit het om nie meer my werk as oppasser by die voorskool- en naskoolsentrum te doen nie. Dit het baie dink en oorweeg gekos om die besluit te neem. Nou, ‘n jaar later, het alles goed afgeloop omdat ek kon koers hou in die moeilike tydperk van ‘lock down’ wat in verskillende fases beweeg het.

Die eerste was dat persone bo sewentig moes tuis bly. Dit was vir my nogal ‘n aanpassing om nie vroeg soggens op te staan om die skool te gaan oopsluit nie. Ook om in die middae drie uur weer aan te meld vir die middag sessie tot vyfuur.

Gelukkig kon ek koers hou omdat ek wel kon gaan loop. Dit het my laat moed hou om elke oggend en middag met Trompie te kon loop. Ons moes sorg dat ons ver van mekaar verby loop as jy iemand teenkom. 

Ons as bo sewentig was nie veronderstel om winkel toe te gaan nie. My seun het eerste tweekeer my kruideniersware gekoop en hier afgelewer. Ek het dit moes stopsit omdat hy self ook n gevaar loop om so winkel toe te gaan. Ek het aanlyn al my goed gekoop en dit is voor my deur afgelewer.

Die idee dat ek alles so kon reël om nie met iemand in kontak te kom nie het my op koers gehou om positief te bly. 

Verlede jaar April het ons na fase 2 terug geskuif en skole is weer oop. Steeds het die regering gesê dat mense bo sewentig en met long probleme moet steeds nie gaan werk nie. Ek het skooltoe gegaan en dit so aan my hoof gestel. Eers was hy half ongelukkig gewees met die idee dat ek nie terugkom nie. Vir my was dit die regte ding om te doen. 

‘n  Hele jaar is nou verby sonder dat ek gewerk het. Dit was ‘n groot aanpassing omdat ek van daaglikse roetine hou, moes ek probeer om besig te bly. Wat my regtig laat koers hou het was om verskillende aanlyn-kursusse te doen. Eers het ek ingegaan op ‘hoe om kinderprentboeke’ te skryf. Dit was ‘n uitstekende program. Volgende kom ek af op ‘drie- D’ sketswerk.

Ek het my gate uit geniet hiermee. Boeke gekoop om my besig te hou. Toe kom ek op die idee om self my boek te illustreer. Daar het nog ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan om ‘n boek te illustreer. Toe besluit ek, om te illustreer moet jy ook kleur gebruik. Die volgend was dat ek ingegaan het om met waterverf te skilder. Nog ‘n groot openbaring  vir my.  Ek het altyd weggeskram van waterverf omdat dit net nie vir my mooi was nie. Min het ek geweet dat mens so baie moet insit om regtig ‘n sukses te maak. 

Skets elke dag 2021

Nooit ‘n ledige oomblik vir my nie. Tussen die lopies met Trompie, skets, skilder en brei deur het dae verby gevlieg en ‘n  jaar na Covid lê ook op sy rug; alles net omdat ek kon ‘KOERS HOU’!

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

7 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.