Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde

(Ek kannie glo dat vandag tien jaar gelede die aardbewings in Christchurch plaasgevind het nie.) Dis weer Maandag en die weer speel mooi saam vir ‘n goeie wasdag. Hondekomberse en alle los matjies wat gewas kan word, word vandag gewas.  Hier, op ‘n Maandag, word lekker gekuier oor allerhande ondervindings en gebeurtenisse. Ons doen dit…… Lees meer Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde

Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier

Maandag=Wasdag het aangebreek sonder dat ek dit besef het. Verlede week was ‘n vol week vir my gewees. Baie gedoen gekry. Verlede week se frustrasie het ‘n paar mooi beskrywings opgelewer. Toortsie stel toe nogal voor dat ons bietjie oor vreugde kan gesels. Frannie vertel toe ook oor haar oudword frustrasies. Ek besluit toe dat…… Lees meer Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier

Maandag=Wasdag 3:21 – ‘n Avontuur met water

Maandag=Wasdag en dis heerlik op ‘n Maandag om te lees wat almal skryf oor ‘n onderwerp wat elke week op ‘n Maandag verander. Ons skryf in Afrikaans. Afrikaans is baie spesiaal. Kom skryf saam en plak jou skakel of pieng terug in my kommentaar sodat ander lesers ook kan lees wat jy vertel. ‘n Avontuur…… Lees meer Maandag=Wasdag 3:21 – ‘n Avontuur met water

Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts

Die tyd vlieg verby. Tweede Maandag=Wasdag. Almal wat van Afrikaans hou is welkom om saam te skryf. Ons skryf vir die lekker van skryf en Afrikaans as taal. Hierdie keer kyk ons bietjie terug na die jaar wat verby is. Het jy iets nuuts begin of gedoen of gemaak? Kom vertel daarvan en sit jou…… Lees meer Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts

Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?

Welkom by ons eerste Maandag=Wasdag. Mag 2021 meer vreugdevol en rustiger verloop vir almal. Spesiale klere. Noudat ‘n mens jou kamera op jou foon het is dit maklik om gou ‘n ding of twee af te neem. Dis presies wat ek verlede week voor die einde van die jaar gedoen het. Ek beplan om my…… Lees meer Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?

Maandag=Wasdag 40: Toekennings

Die jaar is verby. Dis met dankbaarheid in my hart dat almal wat die jaar saam geskryf het nog steeds aanhou met skryf. Die volgende toekenning gaan aan almal wat saam geskryf het. SONNEBLOM TOEKENNING 2020 Uitmuntende skryfwerk Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/ Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/ Tannie Frannie https://frandr.wordpress.com/ Lekker vurig Toortsie https://toortsie.com/ Dis Ekke https://www.hesterleynel.co.za/ Christa https://christavanstaden.com/

Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.

Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf.  Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…… Lees meer Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.