Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.

Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang.

Vector Cartoon of Smiling Man or Businessman Writing on Sheet of Paper with  Ballpoint Pen ⬇ Vector Image by © ursus@zdeneksasek.com | Vector Stock  291575950

Almal wat van Afrikaans hou kan saam met my skryf. Ek gee elke week ‘n ander tema om oor te skryf. As jy so voel kan jy jou skakel in my kommentaar plak sodat ek en ander lesers by jou kan kom inloer. Geniet elke oomblik om te skyf. 

Vrywillige Naastehulp

Om iemand te help is heerlik. Dit gee ‘n mens sommer ‘n warm gevoel as ‘n mens iets vir iemand doen sonder om betaling daarvoor te kry. Op hierdie stadium help ek ‘n jong gesin uit om hul kind skooltoe te neem en weer te gaan haal. Hier moet die kinders afgelaai word deur ‘n volwassene. Ek geniet dit om die outjie te vat en te gaan haal. Ek moet hom bv tot by sy klas bring en gaan haal omdat hy nog ‘n beginner is.

Verlede jaar het ek ook na my bure se huis en katte gekyk(uit liefde). So help ‘n mens maar uit waar daar nood is. 

Hier in Nieu Zeeland is daar baie vrywilligers wat verskillende dinge vir ander doen sonder betaling.

Ek het so ‘n paar jaar terug gehelp, as vrywilliger, om kospakkies af te lewer by behoeftige mense wat nie self vervoer het nie. Die kos word daagliks voorberei deur vrywilligers; dit word dan op ‘n sekere punt afgelewer en ons laai dit op en lewer dit af. Dit was lekker om so rond te ry. Ek het die strate leer ken en ook die mense wat die etes ontvang het. Die mense was altyd baie dankbaar vir die aflewering.

Ons plaaslike biblioteek doen ook elke week verskillende vrywillige aanbiedings. ‘n  Mens kan programme aanbied. Dis ook die geval met die skryfsessies wat ek Vrydae bywoon. Die tannie bied dit al vir omtrent twintig jaar aan. Ek gaan laai ook die tannie by haar huis op en bring haar weer terug as die vrou wat dit meestal doen nie kan nie. Alles uit liefde.

Daar is ook bv elke Donderdag ‘n prokureur wat vrywillig advies geen in biblioteek. Mense wat help met rekenaargeletterdheid is ook sekere dae beskikbaar.

Toe die “time bank” nog hier gewerk het was dit ook ‘n vrywillige hulp met allerhande werkies soos bv venster was, onkruid uittrek, grassny en menige ander. 

Ek het maklik ‘n jaar vir babas, by die ongehude moeders skool, kossies voorberei en afgelewer.

Hier is ook manne wat in garage gratis dinge herstel vir die wat nie geld het om nuwe dinge te koop nie. Natuurlik nou nie regte motorherstelwerk nie, dis meer fietse of kleiner apparate soos ‘n ketel wat ‘n nuwe element nodig het. Eenkeer per maand sit hul en dan kan jy jou gebreekte goed bring vir herstelwerk. 

Watter vrywillige diens kan jy aan dink wat jy al gedoen het of wat jy steeds doen?

Lekker skryf en mooi loop tot volgende week.

Die volgende persone het baie oulik stukke verlede week geskryf; gaan lees gerus wat hul sê:

San by Leeshoekie hou ook koers:

https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/05/03/om-koers-te-hou/

Appeltjie skryf oor Bronwen wat vir haar naastediens gelewer het in die hospitaal

https://appeltjie.wordpress.com/2021/05/08/bronwen/

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

6 comments

  1. Is jy al by die elfde wasdag vir die jaar en ek het dit totaal gemis? Genade! Ek sal moet wakker word.
    Vrywillige diens. Wat ‘n wonderlike ding en hoe wonderlik dat jy jou hulp so oarl aanbied.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.