(Ek kannie glo dat vandag tien jaar gelede die aardbewings in Christchurch plaasgevind het nie.)
Dis weer Maandag en die weer speel mooi saam vir ‘n goeie wasdag. Hondekomberse en alle los matjies wat gewas kan word, word vandag gewas.
Hier, op ‘n Maandag, word lekker gekuier oor allerhande ondervindings en gebeurtenisse. Ons doen dit in Afrikaans want Afrikaans is ons taal, ons harts taal. Kom kuier lekker saam en as jy so voel plak jou skakel in my kommentaar sodat ek en ander ook kan lees wat jy te vertelle het. Geniet dit.
Hierdie, Maandag=Wasdag, gaan nou eers ‘n bietjie rus want daar is OPWINDING in die lug hier by my. As daar iets opduik sal ek dalk ietsie pos maar ek dink ek gaan Maart oorslaan hierdie jaar.
Opwinding/opgewonde
Vandag is nogal ‘n groot dag: ek is vandag 75 jaar oud, ‘n hele driekwart eeu! Ongelooflik. Ek het niks beplan en sal maar sien hoe die dag verloop. Daar is wel ‘n uitgaan gereël met my beste vriendin waar ek elke Dinsdag kuier. Ongelukkig weet ek nie of dit gaan gebeur nie want my vriendin het geval. Sy was van Vrydag en hele naweek in hospitaal en ek weet nie of sy sal kan uitkom vandag nie. Ons sal die uitgaan maar aanskuif na wanneer sy weer beter is (bygesê sy is al 86 en dis maar ‘n skok om so te val.)
My opgewondenheid gaan egter nie oor my verjaarsdag nie.
Ek het ingeskryf vir ‘n vyf dae lange skryf uitdaging. Dit is in Engels en ek sal moet uithaal en wys. Daar gaan elke dag verskillende opdragte gegee word om te doen. Ek wil probeer om die oefeninge te doen. Dit gaan help met my skryfontwikkeling!
Dis is egter nie die grootste opwinding nie. Ek het ook ewe, sonder om te dink, ingeskryf vir ses weke se kreatiewe sessies. Op die oomblik speel ek mos met illustrasies sodat ek my eie kan doen by my kinderstories. Hierdie ses weke gaan daar geteken, geverf, geknip, geplak en wat ook al waaraan die aanbieders dink, doen. Dit maak my sommer ekstra opgewonde noudat ek dit neergeskryf het.
Dan is ek besig met ‘n kursus; hoe om album storieboeke saam te stel. Dis so interessant dat ek amper nie kan wegkom as ek eenmaal die kursus oopgemaak het nie. Die kursus kan mens gelukkig in jou eie tyd voltooi. Een probleempie(wat nie regtig ‘n probleempie is nie) is dat die aanbieder Spaans praat. Ek moet konsentreer op wat sy sê omdat ek die Engelse byskrifte moet volg. Wat ook lekker is, is dat mens die opname kan stop en dan behoorlik lees wat sy verduidelik. Ek is regtig sommer begeesterd deur die dame se aanbieding. Dis eenvoudig(maklik is dalk ‘n beter woord) en sy beduie alles presies met voorbeelde.
Nou ja, mense daar het julle my opwinding van die oomblik. Ek kannie wag dat die eerste Maart aanbreek nie. Een nadeel om in New Zealand te bly is dat ek die opdragte eers halfpad die aand kry. So, ek kan eers werklik die volgende dag hier by my daaraan werk. Gelukkig is ek al redelik gewoond daaraan om so te werk.
(Nog iets waar ek opgewonde oor is, is dat ek ‘n goeie drukker/skandeer masjien gekoop het. Nou kan ek my voorbeelde in kleur afdruk om te sien hoe dit gaan lyk.)
Tot volgende keer en aanhou skryf in Afrikaans.
Die volgende ouens het lekker saam gekuier oor VREUGDES:
Appeltjie
https://appeltjie.wordpress.com/2021/02/15/maandagwasdag-nr-7-vreugde-plesier/
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/02/18/kameel-vreugde/
Toortsie
Nogmaals baie dankie vir jul bydraes en ondersteuning, jul maak dat ek telkens tog weer iets skryf!

A Scrapy, baie, baie geluk! Mag dit ‘n pragtige dag en jaar wees, hy is seker al ver gevorder. Hier is dit nag. Jy is ‘n spesiale vriendin.
LikeLike
Dankie Christa, jy is ook baie speaiaal. Is nou amper twaalfuur in oggend. Ek gaan netnou gou Bea oplaai en huistoe vat(eenuur)
LikeLiked by 1 person
Dit is nou net na twaalf in die nag, jy is dus ‘n hele klomp ure voor my. Wens ek was jy …
LikeLike
OP oomblik so 12 ure voor julle.
LikeLiked by 1 person
Scrapy! Jy is so ‘n inspirasie met al die kursusse wat jy doen! Wow!
En hartlik gelik met jou 75’e verjaarsdag. Wat ‘n besondere mylpaal. Net die beste toegewens.
LikeLike
Dankie Toorts, moet besig bly anders gaan mens net agteruit.
LikeLiked by 1 person
Dit is die volle waarheid. Ons moet elke dag daarteen veg solank ons nog kan.
LikeLike
Netso. My versie vandag het my aan jou laat dink.
LikeLiked by 1 person
Ek jet totaal uitgeval hiermee. Daar is egter nog een versie wat ek die hele tyd wou skryf. Sal nog.
LikeLike
Sien uit daarna. Ek besluit nog of ek Maart se versies gaan doen. Ek geniet dit om elke dag my Engelse Bybel eers oop te maak, versie te skry en dan oor te gaan na Afrikaanse Bybel, skryf versie en dan Skootrekenaar toe en pos die versie.
LikeLiked by 1 person
‘n Hele nuwe proses vir jou. 😁
LikeLiked by 1 person
Inspirasie vrou.
Mag net seën en voorspoed jou omvou.
Baie geluk met ‘n mylpaal lewensjaar,
mag die Here jou vir jou liefmense nog baie jare spaar.
Lekker verjaar en woeker met elke oomblik aan jou gegun.💐💐💐
LikeLike
Baie dankie Lekkervurig, as mens nie woeker nie gaan die gedagtes net agteruit.
LikeLike
Veels geluk, dis ‘n wonderlike mylpaal. Dis ‘n voorreg om jou as blogvriendin te hê – jy inspireer mens. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde wees!
LikeLike
Baie dankie Frannie,
LikeLiked by 1 person
Baie geluk met jou verjaarsdag, Ineke. Ek waardeer jou in my lewe, en ek bid jou ń nuwe lewensjaar vol vreugde toe.🌹
LikeLike
Baie dankie Una waardeer jou wense.
LikeLike
Soveel energie Scrapy!!! Bottel bietjie en stuur diè kant toe. Goed om te hoor van al jou projekte… geniet!!!
LikeLike
Jong ek bly mos maar n aan die gang brein hê, as ek hom nie besig hou nie bespring die swart hond my sommer baie gou.
LikeLiked by 1 person
Baie, baie geluk met jou verjaarsdag. Dankie vir die wonderlike voorbeeld van groei en nuwe dinge probeer. Sjoe! Mag gesondheid en tevredenheid en tonne kreatiwiteit jou lewe mooi maak. ❤❤❤
LikeLike
Baie dankie Sandra.
LikeLike
My taak is in… laat maar darem
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/02/28/kameel-opgewonde/
LikeLike
Scrapy, doen jy nog die wasdag uitdagings? Ek mis dit nogal baie.
LikeLike
Jong my muse het bietjie opgedroog. Ek behoort so begin Mei weer my Washuis oop te gooi vir nuwe wasdae.
LikeLiked by 1 person
Goed, ek sien uit daarna. Dit was lekker om so nou en dan daaraan deel te neem.
LikeLike
Mooi man, jy gee my sommer lus om te begin.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit regtig baie, sal so nou en dan plan maak om een te skryf.
LikeLike