Kategorie: Afrikaans
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: Geloof
Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek omdat ons GLO. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: GELOOF
Galsaiërs 5:22 22 Die vrug van die Gees daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, GETROUHEID
-
Maandag=Wasdag 5: Draadloos
Daars hy, weer ‘n Wasdag en goet wat opgehang moet word. Ek het die helfte van die week al begin dink om radio te gebruik die week. Loop ek toe met Trompie, en daar kom draadloos toe in my gedagtes en die idee steek sommer vas. Geniet die skryf want dis Afrikaans. Afrikaans is mos…
-
Skryf ‘n Versie elke dag: Februarie: GELOOF
Ek het Sondag ‘n skakel van die kerk gekry waar hul ‘n uitdaging, veral aan kinders en jong mense, gee. Elke dag word ‘n gegewe versie uit die Bybel net neergeskryf om die dag mee te begin. Elke maand is daar ‘n nuwe Tema. Nou het ek besluit om ook ‘n versie elke dag te…
-
Maandag=Wasdag 3:21 – ‘n Avontuur met water
Maandag=Wasdag en dis heerlik op ‘n Maandag om te lees wat almal skryf oor ‘n onderwerp wat elke week op ‘n Maandag verander. Ons skryf in Afrikaans. Afrikaans is baie spesiaal. Kom skryf saam en plak jou skakel of pieng terug in my kommentaar sodat ander lesers ook kan lees wat jy vertel. ‘n Avontuur…
-
Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts
Die tyd vlieg verby. Tweede Maandag=Wasdag. Almal wat van Afrikaans hou is welkom om saam te skryf. Ons skryf vir die lekker van skryf en Afrikaans as taal. Hierdie keer kyk ons bietjie terug na die jaar wat verby is. Het jy iets nuuts begin of gedoen of gemaak? Kom vertel daarvan en sit jou…
-
Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?
Welkom by ons eerste Maandag=Wasdag. Mag 2021 meer vreugdevol en rustiger verloop vir almal. Spesiale klere. Noudat ‘n mens jou kamera op jou foon het is dit maklik om gou ‘n ding of twee af te neem. Dis presies wat ek verlede week voor die einde van die jaar gedoen het. Ek beplan om my…
-
Maandag=Wasdag 40: Toekennings
Die jaar is verby. Dis met dankbaarheid in my hart dat almal wat die jaar saam geskryf het nog steeds aanhou met skryf. Die volgende toekenning gaan aan almal wat saam geskryf het. SONNEBLOM TOEKENNING 2020 Uitmuntende skryfwerk Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/ Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/ Tannie Frannie https://frandr.wordpress.com/ Lekker vurig Toortsie https://toortsie.com/ Dis Ekke https://www.hesterleynel.co.za/ Christa https://christavanstaden.com/
-
Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.
Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf. Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…
-
Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.
Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby. Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug…