Die tyd vlieg verby. Tweede Maandag=Wasdag.
Almal wat van Afrikaans hou is welkom om saam te skryf. Ons skryf vir die lekker van skryf en Afrikaans as taal. Hierdie keer kyk ons bietjie terug na die jaar wat verby is. Het jy iets nuuts begin of gedoen of gemaak? Kom vertel daarvan en sit jou skakel hier in my kommentaar sodat almal kan lees en saam geniet.
Lekker skryf en geniet dit.
Iets Nuuts.
Die eerste wat ek gedurende die inperking “lock down” gedoen het was om aanlyn in te skryf oor hoe om ‘n kinder prenteboek te skryf. Dit was ‘n 21 dae kursus. Ek het dit vreeslik geniet. My eerste storietjie is geskryf en lyk heel belowend. Toe besluit ek dat dit onbetaalbaar duur is om ‘n illustreerder te gebruik. Die volgende blink idee kom op om self die illustrasies te doen. Mmmm, nog nie gewerk nie want ek is te haastig van aard. Ek doen navorsing. In ons biblioteek(wat ek in fase twee kon besoek) loop ek ‘n boek raak wat dertig lesse van 30 minute wys hoe om te teken. Daar word ek toe lekker gevang. Die teken gogga byt my toe behoorlik. Aanlyn is daar heelwat boeke wat wys hoe om te teken. Dieselfde ou van 30 minute vir 30 dae se teken het ‘n eboek ‘leer teken in 30 dae’. Wow, dit was ‘n fees om te doen terwyl ons in volle inperking was. Ek doen nog steeds elke dag ‘n bietjie tekenwerk. Daar is ook drie boeke oppad wat handel oor teken. Twee van dieselfde skrywer en nog ‘n algemene teken boek.
Ek moet eintlik byvoeg dat voor ek die boek in biblioteek ontdek het ek ingeskryf by n Drawing school, waarmee ek basies die begin van my sketswerk gedoen het. Daar het ek geleer om dinge in perspektief te sien.
Nou is dit jou beurt om te skryf oor iets nuuts wat jy onlangs aangepak of gedoen het.
‘n Paar voorbeelde:




Die volgende een het ek van ‘n foto gedoen. Ek het my geleerde tegnieke gebruik.

Die volgende persone het weer heerlik geskryf! Baie dankie julle is sterre.
DR. CHRISTA VAN STADEN https://christavanstaden.com/2021/01/04/bloguitdaging-geliefde-of-spesiale-klere/
Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/2021/01/04/maandagwasdag-1-21-geliefde-spesiale-klere/
Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/2021/01/07/kameel-klere/
Jy het myle te veel woema vir my Scrapy. Ek kom daar doer agter soos ‘n skilpad in jou stof aangeloop. Wat op aarde gaan jy nog aanpak!!! Ek kan net my hoed vir jou lig.
LikeLike
Jong jy moenie bedreig voel nie. Ek het maar net daardie rustelose brein wat gedurig iets wil doen. Toets maar alles wat ek kan. Dis vir my ontspannend. Die kuns storie was nog altyd daar. In my eerste jaar studie kon ek net nie vorder met die onderwysopleiding nie. Een dosent stel toe voor dat ek my kursus na suiwer kuns verander. Nee sê die Adjunk hoof, daar is n tekort aan Senior Primêre onderwysers en wou nie my kursus verander nie, sug. Dink net ek kon dalk n regte kunstenaar gewees het, haha. My ouers sou nie regtig daarvan gehou het nie.
LikeLiked by 1 person
Gits jy kon beroemd geword het.
LikeLike
Dink net hoe sou ek gelewe het. In armoede want dis waar dat n skrywer dood moet gaan om op te staan. Bly ek is nie regtig n kunstenaar van beroep nie!
LikeLiked by 1 person
My kop het weer net verhoog toe gestaan… drama. My ma het haar voet neergesit. Vandag besef ek dit was vir die beste…. kunstenaars se lewensstyl en ek wat klaar so losgebreek het uit alle bande… not good news.
LikeLike
Ja jong dis hoekom ek mos sê goed mens het darem ouers gehad wat mens op n manier in n goeie rigting plaas. My pa het ons al drie kans gegee om onderwyseresse te word omdat dit die beste werk vir n vrou was. Dit het my gelukkig darem kans gegee om al die jare te kon oorleef ook!
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/01/12/kameel-iets-nuuts/
LikeLike
Dankie, klaar gelees ook.
LikeLike
ek het baie kort geskryf. al my nuwe dinge laat my hart oorloop op my blogs ook! Maar ek wil jou nie mis nie.
LikeLike
Dankie dis ook goed. Ek’s net bly jy geniet dit om so te blog en dat jy so baie dinge op oomblik beleef wat jou vreugde verskaf. Jou nuwe huis lyk regtig lekker en mooi.
LikeLike
Baie talente Ineke!! Hou so aan!
LikeLike
Baie dankie Aletta, ek geniet dit baie om bietjie iets te doen wat nie moeite is nie.
LikeLike
😄
LikeLike