Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.

Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande.

Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf. 

Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken kan jy dit met plesier byvoeg.

Geniet elke oomblik want ons skryf steeds in Afrikaans.

As jy so voel kan jy jou skakel in my kommentaar plak of ‘n pieng terug sodat medeskrywers kan sien wat oor die onderwerp geskryf is.

Hier is ‘n paar sê-goed wat ek kan onthou.

Hou die blinkkant bo

Sopkombuis

Geelperske reën

Appelkoosmaag

n Oulap se rooi is mooi

Verknog aan

Groei soos kool.

Hoe blouer hoe gouer

Hoe rooier hoe mooier

Kalf is in die put

Gedane sake het geen keer nie

Waar Dawid die wortels begrawe het

Geselsies aanknoop.

Vroëe lewensondervindings.

Elberta Peach Tree | Peach trees, Fast growing trees, Fruit trees

Laat 1960s en ons het rye en rye vrugtebome geplant. Verste ry was geelperskes vir inlê. Dan was daar ‘n gemengde ry met verskillende soorte perskes. Die vroeë perskes was my geliefkoosde perske en dan die Alberta. Amper goudgeel binne as jy die velletjie so aftrek. Water my mond nou. 

Elberta Peach Tree | Naturehills.com

Daar was appel, peer en ook kweper gewees. Ons het op die Hoëveld gebly. Na die lente en as die bome geblom het het die somer aangebreek. Nou was dit tyd vir geelperske reën. ‘n Sagte reëntjie wat vir dae kon val. Met die warmer wordende weer en heerlike reën het vrugte geswel en tot hul volle glorie aan bome gehang. Mens kon sommer ‘n perske afpluk en dit daar staan en eet. Ons het nie regtig gif gespuit nie. 

Met die verandering van die seisoen en die baie vars vrugte het ‘n probleempie opgeduik. Appelkoosmaag. Al daardie vars vrugte was net oorweldigend vir ons liggame. Elke kind, volwassenes ook, het ten minste eenkeer per seisoen appelkoosmaag gekry. Vandag is dit ‘n virus of wat ook al haha. http://www.mieliestronk.com/diarree.html

Die kalf is in die put het my aan geheel iets anders laat dink as gedane sake wat geen keer het nie of niks aan gedoen kan word nie.

Nog steeds plotlewe:

My pa het ons huis self ontwerp en gebou. Aan agterkant van huis was die water afvoerput. Dis volgens reëls en regulasies van daardie tyd gebou. By die kombuis was daar ‘n hoëerige muur waarop ek altyd sommer net gesit het. Daar was ‘n hek en dan ‘n kamp deel waar honde opgesluit kon word as ons moes ry.

Ewenwel, die kombuis se wasbak water het in die afvoer waterpyp geloop wat onder grond ingebou is en na die groot water afvoer put geloop het. Jy kan nie die water sien.  Met tye het die pyp aangepak met seep afsaksels en moes dit skoon of oopgemaak word. Omdat my hand klein was was dit my taak om so ver as moontlik die seep uit te krap. Die afvoer gat moes ook op ‘n stadium oop gemaak word om ‘n draad deur die pyp te trek om skoon te maak. Maggies ek loop nou ‘n wye draai na waar ek eintlik wil uitkom by die kalf wat in die put is.

Ek sit eendag weer so op die muurtjie en my oog vang ‘n beweging in die bokant van die afvoerpyp op die grond. Daar is gereeld paddas wat ook daarin spring en dan moes ek hul weer die oggend eers uithaal voordat ek skooltoe is. Die beweging wat my oog getrek het, het beslis nie soos n padda gelyk nie. Dit was ook gedurende die dag. Paddas kruip weg bedags. Ek sit tjoepstil en wag.

Wat ‘n skok toe ek sien wat dit was. Ek’t amper van die muur afgeval.

 

Rinkhals -

‘n Groot uitgegroeide Rinkhals steek sy kop uit. Tongetjie flitsende. Toe ek beweeg maak hy sy kop bak en glip weer terug in die gat in. Nou ja, die slang(kalf) is in die put. Wat nou gemaak?  Ek het hom eers van bo van muur af probeer uitlok maar dit wou nie werk nie.  Ons het ‘n bondel lappe in parrafien gedruk en die gat toegedruk sodat daar geen kans vir uitkom was nie.

Ek moet byvoeg, daardie jare was daar baie slange. Pofadders was volop maar die rinkhals was n gevaarlike kalant omdat hy so vinnig is. Hul was meestal maar agter paddas aan wat op hul beurt weer die nattigheid van die water in die afvoerpyp opgesoek het.

Daar is dan my laaste storie vir 2020. Ek wens jul alger geseënde feesdae toe.

Dankie aan die volgende mense wat oor ‘n besonderse mens geskryf het. Ek waardeer jul deelname.

Kameel

https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/14/kameel-n-besonderse-mens/

Toortsie

Appeltjie

https://appeltjie.wordpress.com/2020/12/16/maandagwasdag-n-besonderse-persoon/


Posted

in

, , , ,

by

Comments

11 reaksies op “Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.”

  1. Kameel Avatar

    Ooooo nee Scrapy…. ek sou my hand nooit weer in daardie gat gedruk het nie. Geen wonder jy is so ‘n brawe vrou wat soveel dinge aanpak nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha dis wat n boere dogter doen jong. Was maar n groot avontuur gewees elke dag om so buite te lewe.

      Liked by 1 person

  2. appeltjie Avatar

    https://appeltjie.wordpress.com/2020/12/21/maandagwasdag-39-segoed-en-sommer-net/
    Ek moes altyd die koolstoof skoonmaak. Die as moes in ‘n skoppie uitgevee word en die kole moes met ‘n emmertjie van bo af weer ingegooi word. Enige van die 2 het mens se hande en klere swart en vaal gemaak. Maar dis regtig nie so erg soos wat jy moes doen nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was maar die handige ou gewees en het altyd allerhande “projekte” moes oplos.

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Jy moes gehoor het hoe ek nou na my asem gesnak het toe ek sien wat in daardie pyp was!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis maar heel grillerig en gevaarlik om so die slange teen te kom. Hierdie was darem eerste en enigste keer dat dit n rinkhals was. Was meeste maar pofadders wat mos in twees verby kom.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Ek gril my heeltemal besimpeld!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Haha, dit is maar n grillerige ding.

          Liked by 1 person

  4. Kameel – Hoe rooier hoe mooier – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 39 […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jy maak my dag met n pragtige skrywe.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: