Maandag=Wasdag 3:21 – ‘n Avontuur met water

Maandag=Wasdag en dis heerlik op ‘n Maandag om te lees wat almal skryf oor ‘n onderwerp wat elke week op ‘n Maandag verander.

Ons skryf in Afrikaans. Afrikaans is baie spesiaal. Kom skryf saam en plak jou skakel of pieng terug in my kommentaar sodat ander lesers ook kan lees wat jy vertel.

‘n Avontuur met water.

Water is ‘n belangrike deel van ons lewens. Ons kan in werklikheid nie sonder water wees nie al dink party mense so.

Water is ook gevaarlik. Die see, storm reën en verspoelings veroorsaak jaarliks skade en selfs die dood.

My eerste groot avontuur met water was toe ons per skip vir ten minste twee weke op ‘n skip moes deurbring oppad na Suis Afrika. Ek was net ses jaar toe dit gebeur het. Ek kan nie veel onthou nie, behalwe dat dit baie water was en dat met tye vlieënde visse uit die water gespring het en oor die dek of langs die skip verby gevlieg het. Is daar regtig vlieënde visse wonder ek nou?

https://www.nwf.org/Educational-Resources/Wildlife-Guide/Fish/Flying-Fish

Flying Fish

‘n Groot avontuur, met water, was toe ons die ewenaar bereik. 

Daar was opwinding in die lug. ‘n Spesiale geleentheid. Grootmense het begin versamel op die bo-dek. Ek en my ouer suster, toe tien jaar, het die opwinding aangevoel en saam met die mense na die bo-dek beweeg. Eintlik was ons nie veronderstel om sonder ‘n volwassene op die dek te wees nie. 

Ewenwel, omdat ons klein was moes ons tussen die grootmense koes-koes beweeg.

Skielik:

Ooo, aaa die mense.

Ons rek ons nekke. ‘n Bootjie met mense kom nader.

neptunus god tekening - Google zoeken | Poseidon tattoo, Lion sculpture, Art

“Dis hy, dis koning Neptunis, wat in bootjie is,”roep mense opgewonde.

“Wow, kyk sy klere en sy kroon skitter en blink.”

Ek en ousus gee pad sodat koning Neptunus en sy gevolg verby kan kom.

“Welkom, welkom almal. Aangesien jul nou die ewenaar gaan oorsteek gaan ons ‘n kort seremonie hê om almal te verwelkom.” praat die bebaarde Neptunus in ‘n diep stem.

In die tussentyd spuit die een helper met ‘n tuinslang sulke klein spuitjies water oor die mense. 

Koning Neptunus neem stelling in op sy stoel wat langs opgestapelde groot trekkerbande staan wat vol water is.

 “Kom wie gaan eerste gedoop word? Almal moet ingedoop word om jul die reg te gee om die ewenaar oor te steek,” kondig die koning aan.

My mond hang oop. Ek is so opgewonde om alles te sien. Ons het in die tussentyd tot voor gedruk sodat ons alles kan sien. 

Skielik:

Een van onderdane kom vinnig nader. 

“A jy is ons eerste een,” en hy gryp ousus vas en tel haar op en gooi haar in die water.

Ek skrik so groot en maak dat ek weg kom al gillende: “Nee, nee, moenie!”

Ek hardloop by die enjin kamer se deur in en kruip agter die deur weg.

Almal het na my gesoek. Ek het tjoepstil gesit en nie ‘n geluid gemaak nie. ‘n Vreemde oom het om die deur gekyk. 

“Hier is jy. Ons soek oral en kon jou êrens kry nie. Kom, moenie bang wees nie, koning Neptunus is weer na sy paleis toe diep onder die see.”

“Regtig, dit was erg,”kom my piepstemmetjie.

Die vreemde oom het my na my ouers gevat wat ook al heel bekommerd was. My probleem was ek kon nie onthou watter kajuit ons gehad het nie. Wys mens dat mens tog maar moet seker maak dat jy weet waar jy tuisgaan.  

Dit dan n avontuur met water. My suster was vies vir my omdat ek weggehol het, maar wat kan ek sê, ek was baie bang hul gaan my verdrink.


Posted

in

, , ,

by

Comments

15 reaksies op “Maandag=Wasdag 3:21 – ‘n Avontuur met water”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Dit klink absoluut heerlik, jou arme sussie. Ek sou ook gehol het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit het beslis n groot indruk op my gemaak as kind.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ek het ook ‘n weghardloop en wegkruip storie …

        Like

  2. appeltjie Avatar

    Ek gaan n die wêreld verdrink storie skryf.

    Wat n wonderlike ervaring het jy nie gehad nir. Maar as juffrou illustreer dit net weer die verskil in persepsie tussen volwassene en kind

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek sien dit ook duidelik as gewese juffrou. Snaaks hoe mens eintlik lewenslank ingestel bly as jy skool gehou het.

      Like

  3. Kameel Avatar

    Dit is nou vir jou ‘n anderste ondervinding… klink amper soos ‘n kinderstorie. Is jy nog so bang vir water?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is okay maar nie oorweldig dapper nie. Ek wou nog waterstories bysit maar toe was die storie lank genoeg vir eers. Ek het in n plaasdam leer swem saam met paddas en paddavissies. Vir my hoërskool kinders ook die Neptunus storie vertel en hul het my nogal geglo ook, haha.

      Liked by 1 person

  4. Uit my prille jeug … – Dr. Christa van Staden Avatar

    […] Scrapy daag ons die week uit om oor avontuur met water te skryf … en dit vat my na my kinderjare terug, veral omdat sy gesels oor ‘n weghardloop en -kruip episode op ‘n boot. Daarom het ek so bietjie afgedwaal van avontuur …. […]

    Like

  5. Kameel – Water – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 42 […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie, klaar gelees ook.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Vliegie, sal dit nog opsit.

      Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: