Welkom by ons eerste Maandag=Wasdag. Mag 2021 meer vreugdevol en rustiger verloop vir almal.
Spesiale klere.
Noudat ‘n mens jou kamera op jou foon het is dit maklik om gou ‘n ding of twee af te neem. Dis presies wat ek verlede week voor die einde van die jaar gedoen het.
Ek beplan om my klerekas uit te dun. Ek het al baie klere weggedoen. Daar is egter sekeres wat ek steeds weer terug hang omdat dit sentimentele waarde het. Eintlik het ek die meeste nog gedra.
Dis nou al net oor die tien jaar wat ek hier aangeland het in Nieu Zealand. Ek het my tas gepak met die nodigste klere om dadelik te kan gebruik. Dit was Maart toe ek hier aangekom het, en nog goed warm. My somersklere was egter heeltemaal te koel vir hierdie somer. Ek moes dadelik vir my ‘n warm japon kry en ook warm nagklere ; dan sweetpakbroeke met ‘n warm baadjie. My ander klere was oppad met die skip, vanaf Suid Afrika, wat so drie maande geneem het en middel in die winter was. Brrr, het hierdie Bosveld meisie darem vir jou koud gekry die eerste winter.
Om terug te kom na vandag en fotos neem. Ek besluit toe om fotos van die naamstrokies in my bloese af te neem. Ja, ek het ‘n hele hand vol bloese wat ek moet weg doen want hul knoop nie meer toe nie. My boesem is te groot en ek hou nie daarvan as ‘n bloes so oop gaap nie. Die volgende name het my sommer laat terug verlang na die goeie ou dae van klere koop.



Toe besluit ek om sommer van my T-hemde ook te verewig met ‘n foto. Elkeen het sy eie betekenis en is steeds vir my waardevol. Van hulle is egter soort van op gedra, en lyk nie meer so netjies om daarmee in die openbaar te verskyn nie. Die ding is net, hul dra so lekker.






Hopelik kom ek sover om ‘n klomp weer uit te gooi. Hier word klere ge-”recycle”. Daar is spesiale winkels waar ‘n mens goedkoop, baie goeie klere, kan koop. Die winkels verkoop dit vir liefdadigheid. Daar is bv een wat vir Hospice goed verkoop; Red Cross en Salvation Army winkels wat vir behoeftige mense verkoop.
Het jy ‘n kledingstuk met sentimentele waarde of met ‘n storie? Kom deel dit en plak jou blog se skakel in my kommentaar of stuur ‘n pieng terug sodat ander ook kan lees wat jy te vertelle het.
Lekker skryf. Dit gaan hier oor Afrikaans waarvoor ons baie lief is.
Dankie aan volgende ouens wat nog die laaste Wasdag gedeel het:
Appeltjie
https://appeltjie.wordpress.com/2020/12/21/maandagwasdag-39-segoed-en-sommer-net/
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/27/kameel-hoe-rooier-hoe-mooier/
Julle tweetjies is my steunpilare. Nog n groot Dankie vir saam skryf.
Sal graag die storie agter die hemde wil hoor, een of twee verstaan ek nie.
LikeLike
Dis maar telkens as ek iets bereik het het ek hemp gekoop om dit te vier. Watter twee werstaan jy nie?
LikeLiked by 1 person
Eintlik net ene, die Atosuitdaging. Ek sou ook meer wou weet oor die Victoria Falls ene. Hoe is dit daar?
LikeLike
Die A – Z uitdaging is dink ek as ek reg onthou elke April. http://www.a-to-zchallenge.com/. Dis n harde maand om elke dag iets te skryf elke dag met n ande letter behalwe Sondae. Hul het meestal ook n onderwerp of tema wat gebruik word.
Vic Falls Safarie lodge is n fantastiese plek gewees met chalets. Ek het 2010 saam met my suster met n toer beur Botswana na die valle gedoen. Daardie jaar was die rivier tot oorlopens toe vol gewees. In 2005 het ek ook gegaan maar deur Zimbabwe gereis . Dis nou onmoontliik om dit te waag per bus deur die land.
LikeLiked by 1 person
Dit klink vreeslik lekker, my dogter se spesiale vriendin enhaar man werk daar. Weet nie presies by watter plek nie, hy is ‘n wildbewaarder as ek reg onthou. Ek sal daarna kyk. Hou nie van die November uitdaging nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het geskryf, kry nie die skakel na jou blog. Stuur asb vir my, dan link ek daarheen.
LikeLike
Ek het gestuur. Ek het n Domain gekoop/betaal en verstaan nog nie al die goeters wat ek moet koppel nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het reggekom, baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Dankie! Lekker uitdaging.
LikeLike
Hier is my skakel na joune, met ‘n teen-uitdaging verbind. Hoop jy gaan dit aanvaar, liewe blogvriendin. Ek daag jou sommer om aan die huidige een oor waaghalsige oomblikke deel te neem. Ek weet hoe waaghalsig of dapper dit is om na ‘n ander land te trek. https://christavanstaden.com/2021/01/04/bloguitdaging-geliefde-of-spesiale-klere/
LikeLike
ek verlang nou vreeslik na my kleintjie. N.a.v. die artikel hierbo
LikeLike
Sal jou goed glo. Hul kruip diep in n mens se hart.
LikeLike
Dink ek moet in jou kas gaan krap vir kuwe klere. Ek dra mos ‘n ding tot al sy fleur al laaaank uitgewas is, en dan sukkel ek nogsteeds om hom uit te gooi.
LikeLike
Toemaar ek is ook so. Ek het twee stelle klere. Uitgaan/werk klere en dan my huisbly klere wat ook gedra word dat daar net flenters oorbly.
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/01/07/kameel-klere/
LikeLike
Dankie Kameel gaan gou lees.
LikeLiked by 1 person