Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby.
Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug stuur sodat ek en ander persone maklik by jou blog kan kom om te lees waaroor jy geskryf het.
Hierdie week gaan oor iemand of iets besonders wat jou na aan die hart lê. Jy kan oor iemand skryf wat al oorlede is, of iemand uit die geskiedenis of die kunste.
Sterkte en ek hoop jy geniet elke oomblik.
‘n Besondere persoon.
Ons het almal iemand na wie ons opkyk; iemand wie gevolg kan word. Dit kan iemand wees wat reeds oorlede is of uit die geskiedenis of kuns wêreld wie jy as n voorbeeld kan gebruik.
Op hierdie stadium van my lewe het ek heelwat mense leer ken na wie ek kon opsien en navolg. Toe ek hier in Nieu Zeeland aankom het ek geen mens geken nie. Ek het wel ‘n punt daarvan gemaak om uit te gaan na klasse wat deur ons “Women’s Center” aangebied word. Daar het ek heelwat mense leer ken en goeie vriende gemaak. Ek het ook onder andere in 2012 aangesluit by n skryfgroep wat elke Vrydag, in ons plaaslike biblioteek, vergader het. Ek doen steeds die skryfsessies en hoop om nog ‘n paar jaar aan te gaan.
Hoekom ek eintlik die skryfsessie noem is dat die dame wat dit aanbied ‘n besondere mens is. Sy is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat ‘n mens kan bewonder en ook eer vir alles wat sy al gedoen het en nog steeds doen.
Audrey, die skryf dame, verjaar in Augustus. Sy het hierdie jaar 97 jaar oud geword. Wat haar so besonders maak is dat sy op die ouderdom steeds bedrywig is met allerhande dinge.
Sy het orrel in die kerk gespeel tot nou toe maar haar vingers wil nie meer saamwerk nie.
Elke skryfsessie bespreek ons verskillende lewensondervindings. Audrey het in Engeland groot geword. Sy moes na matriek universiteit toe gaan maar sy kon nie want die tweede wêreldoorlog het uitgebreek. Sy is opgeneem in die weermag en het gehelp met navigasiewerk omdat sy uiters goed met wiskunde was. Sy is steeds nog baie skerp. Doen steeds blokraaisels uit die koerant om haar brein helder te hou. Sy werk ook op haar rekenaar, waar sy haar stories skryf en dan uitdruk om vir ons voor te lees.
Dis net ongelooflik hoe goed sy alles nog hanteer. Elke jaar bak sy ‘n kersfeeskoek en verkoop lootjies om geld in te samel vir kanker. Sy brei vir twee verskillende organisasies komberse, serpe en musse.
Ek het voor verlede week by haar gaan kuier en ons het weer heerlik gesels oor haar skoolhou tyd en grootword jare. Sy was nooit getroud en het na die oorlog vir onderwyser gaan leer. Die Engelse koning, George VI, het haar spesiaal persoonlik bedank vir haar werk en sy kon gratis gaan studeer. Sy kom in 1952 na NZ waar sy steeds in haar eie eenheid bly. Sy het baie oorsee gereis en ook as toerleier opgetree vir skoolgroepe. Haar vertellings oor hoe sy in Engeland groot geword het as enigste kind en sonder pa is net ongelooflik.
Vandag ry sy steeds bus om haar kruideniersware te gaan koop. Sy gebruik darem nou n taxi om huistoe te gaan.’Sy het nooit geleer bestuur nie. Sy het ook met die bus gery om elke Vrydag by die skryfsessie te kom. Daar is altyd iemand wat haar aan die einde huistoe neem.
Sy kook nog self haar kos. Daar is darem nou ‘n verpleegster wat elke oggend kom om haar te help om haar spesiale kouse aan te trek omdat sy nie meer by haar voete kan kom om dit aan te kry nie.
Audrey is geliefd onder almal en ons bewonder(admireer) haar positiewe uitleef van haar daaglikse lewe. Haar gesondheid is nie van die beste nie. Rumatiek maak dat haar hande nee meer so kan raakvat nie. Die longe is gedaan veral gedurende die winter, en tog stap sy steeds sonder ‘n kierie.
Ek kan nog baie meer vertel. Ek bewonder haar vir haar hele uitkyk en leefwyse, sy is beslis iemand om na op te kyk. Ons is ook baie na aan mekaar en geniet mekaar se geselskap.
Lekker skryf.
Die volgende persone het oor wat alles teen hul yskaste opgeplak is.
Baie dankie vir jul ondersteuning en bydraes.
Toortsie
Appeltjie
https://appeltjie.wordpress.com/2020/12/07/maandagwasdag-teen-my-yskas/
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/08/kameel-my-yskas/
Tannie Frannie
https://frandr.wordpress.com/2020/12/08/maandagwasdag-teen-my-yskas/

Laat ‘n boodskap