Etiket: beskryf

  • Woordwarrel: Intensiewe vorme

    Hester sê: Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Die reëls verskyn onderaan die blog.  HesterLeyNel on 2021-11-25 Intensiewe vorme Eers moet ek doodeerlik wees, ek het nooit die loodregte woordvorme geleer nie; waarvoor ‘n woord of watter…

  • Woordwarrel: Nog meer spoke

    Jou inspirasievonk vir vandag is “spookasem”. Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Hester is steeds besig om te spook met die woord spook. Toe kom spook die woord ook by my die hele naweek. Vanoggend…

  • Woordwarrel: Nuutskepping

    Nuutskepping WooRdWaRRel. Die naam van die nuwe uitdaging rol so lekker op die tong. Die Ws en Rre trek dadelik die aandag. https://af.wikipedia.org/wiki/Alliterasie Alliterasie Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergrepe in ‘n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om…

  • Week 2 van skryf oor bang wees.

    Intens Een van die drie opdragte wat gedurende week twee verwerk moes word was: Kry iets wat jou herinner aan die omstandighede waarvoor jy wegskram. ‘n Klip, potlood, stuk papier, foto enige iets uit daardie oomblikke.  Beskryf alles waaraan jy dink as jy na die voorwerp kyk. Gebruik jou sintuie om die vertelling in te…

  • Kyk jou bangwees in die oë.

    Ons is almal bang om oor sekere dinge te praat of te skryf. Maak nie saak of dit goed of sleg is nie. Die ses weke van “face your fears het Maandag afgeskop met ‘n harde knal. Ek het die volgende net rofweg vertaal: Vind woorde om jou uit te druk. Geen woord stilte nie.…

  • Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine

    Kom mense laat ons bietjie hoor, Is jy ‘n roetine mens of nie? Hierdie is ‘n plek waar ons lekker in Afrikaans kuier. As jy saam geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak. Ek self sal daarvan hou om te lees wat jy skryf maar ander lesers sal ook beslis belangstel…

  • Maandag=Wasdag 22:As die verlede by jou kom spook.

    As die verlede by jou kom spook. My verlede spook kom meestal by my kuier as ek soggens gewone tyd (so net na vyf) wakker word.  ‘n Draaitjie loop, terug in bed klim en omdat dit nog donker is weer vir so ‘n uur of so insluimer of regtig slaap. Die aan die slaap raak…

  • Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.

    Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly.  Hoe…

  • Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

    Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…

  • Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

    ‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.  Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…