Ons is almal bang om oor sekere dinge te praat of te skryf. Maak nie saak of dit goed of sleg is nie.
Die ses weke van “face your fears het Maandag afgeskop met ‘n harde knal.
Ek het die volgende net rofweg vertaal:
Vind woorde om jou uit te druk. Geen woord stilte nie.
Jy moet vertel wat binne jou is.
Dis moeiliker om nie te skryf nie.
Jou storie het jou uniek gemaak, as mens wat jy vandag is.
Die eerste wat ons moes doen die week was om vyf verskillende skrywers se skryfwerk te lees en te vertel of daar ‘n reël of stuk is waarby jy aanklank vind.
Daar is drie vrae gegee om te help om te verduidelik hoe jy voel.
Een is bv: Is skryf “werk”? Of te wel hoe voel dit as jy skryf of moet skryf.
Aan einde is daar ‘n skryf oefening wat ons Vrydag instuur. Die stuk mag nie meer as 800 woorde wees nie. Die aanbieder gaan dit lees en terugvoer gee. Daarna kry elke een in klas, van nege ingetekendes, die helfte van die groep se beskrywings om te lees en te vertel wat jy daarvan dink.
Komende begin ek die tweede ses weke lesings om jou Memoirs te skryf.
Ne? net gisteraand het ek ‘n blog begin waarin ek vertel hoeveel artikels in my drafts is – artikels oor goed waaroor ek op die oomblik nie bang is om te skryf nie, maar beslis bang om te publiseer.
LikeLike
Dis deel van daardie bang wees. Dis jou skryfwerk of bevindings jy mag dit bekendstel. Daar sal altyd teenkanting of afkraak wees.
LikeLiked by 1 person
Ek is meer bekommerd oor die feit dat ons tans in ‘n situasie soortgelyk aan ‘n oorlog is. En dan is daar joiners …
LikeLiked by 1 person
Jy praat waar. Skryf dit solank dit in jou kop is. Hou dit as draft. En dan, wanneer jy weer daarna kyk, skawe jy en publiseer dit wanneer jy gereed voel.
LikeLiked by 2 people
Dit gaan nie binnekort gebeur nie. Buitendien, wat gaan my mening help?
LikeLiked by 1 person
Mens weet nooit! Ek het in blogland agtergekom dat daar meer mense is wat dink soos ek. Selfs al voel dit soms dat ek al een is wat op ‘n sekere manier dink.
LikeLiked by 1 person
Wat ek wil skryf kan teen my as persoon gebruik word.
LikeLiked by 1 person
Ek por jou maar net effens aan. 😎
LikeLiked by 1 person
Mooi Toorts. Christa hou moed, moenie opgee nie al maak jy dit nie nou openbaar nie. Jy is besig om die geskiedenis te verwoord, wat baie belangrik is vir nageslag.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan, veral in jou posisie as navorsers kan daar beslis groot teenkanting kom.
LikeLiked by 1 person
Presies net so. Kyk maar na die geval met die neurologie prof. Ek lees, luister, hoor, leer en bly stil.
LikeLiked by 1 person
Stem saam. Voel party dae dis nie die moeite werd om te skryf en tog kom daar gereeld tog dinge verby wat mens weer inspireer om voort te gaan.
LikeLiked by 1 person
O en dit gee dalk iemand anders die moed om ook op te staan. 😁
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie, dit gaan oor die pandemie. En ek gaan my nie daaroor uitlaat nie.
LikeLiked by 1 person
Dis beter ja.
LikeLiked by 2 people
Jy verstaan.
LikeLiked by 2 people
Jajaaa
LikeLiked by 1 person
Weet jy, ons moes oor pandemie skryf in ons skryfklas. My siening was totaal anders as die klomp ou tantes omdat hul nie werklik in aanraking gekom het met omstandighede wat ‘n probleem is nie.
LikeLiked by 1 person
Net so.
LikeLiked by 1 person
Netso.
LikeLike
Netso. Ek het bv ‘n stuk geskryf en gepubliseer en my Familie het reguit gesê dis nie so nie of dit was nie so erg nie. Dis waar die probleme begin met inligting.
LikeLiked by 1 person
Presies, en dan vergeet hulle dat mens goed verskillend beleef.
LikeLiked by 1 person
Ek, hoor wat jy sê, selfs familie kan mens goed in die rug steek of probleme veroorsaak.
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, dus is ek versigtig met wat ek publiseer, selfs waaroor ek praat.
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my na hard werk Ineke! Sterkte 💕
LikeLike
Nie regtig hard werk nie dis meer geestelike inspanning wat my nogal kan vang. Selfs Trompie het vanoggend by my kom staan vir n bietjie aandag omdat ek so intens besig was om te konsentreer op wat ek skryf. Dis hy wat my weer teruggebring het na werklikheid.
LikeLike
Honde is wonderlik!
LikeLike
Hul is regte life lines.
LikeLike
💕
LikeLike
Ek stel baie belang in hierdie pad. Toe ek my kinderjareboek geskryf het, was daar baie rou en eerlike stukke in, veral een spesifieke hoofstuk oor my ma. Ek moes dit skryf, maar ek het geweet dat ek dit nooit sou publiseer vir alle oë nie. Daar was ook baie skerp en reguit stukke wat mense kon seermaak in, wat ook nodig was dat dit geskryf moes word. Soos wat ek dit herhaaldelik oor en oor gelees het, het ek dit sagter gemaak. Dink ek moet hieroor blog.
LikeLike
By my dieselfde. Die deel van my getroude lewe wat nie werklik vir almal se oë bedoel is nie. Ek voel ook dat die meeste weerstand kom van mense na aan jou omdat hul nie werklik besef of weet hoe dit is of was nie. Dis juis daaroor wat die kursus doen.
LikeLiked by 1 person