Jou inspirasievonk vir vandag is “spookasem”.
Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer.

Hester is steeds besig om te spook met die woord spook. Toe kom spook die woord ook by my die hele naweek.
Vanoggend besluit ek om bietjie navorsing te doen oor die SPOOKVROU van Uniondale.
Die volgende verduideliking word deur Wiki gegee:
Spook van Uniondale[wysig | wysig bron]
‘n Verloofde paartjie het op die Paassondag van 1968 sowat 20 km buite die dorp op die N9-snelweg verongeluk. Die man het in die koue stormweer beheer oor sy motor verloor. Sy verloofde (Marie Charlotte Roux), ‘n jong vrou met lang, donker hare en ‘n donker bloes, het tydens die ongeluk agter gelê en slaap. Volgens oorlewering is sy uit die motor geslinger. Ambulanspersoneel wat op die toneel aangekom het, het net die bewustelose man agter die stuurwiel aangetref.
Klaarblyklik het die man die volgende oggend in die hospitaal wakker geword en na sy verloofde gevra. Die mense was verbaas en het haar op die toneel gaan soek. Haar liggaam is later in ‘n sloot langs die pad gevind, waar sy teen die koue geskuil en later verkluim het.
Tydens die Paasnaweek van 1976 is die eerste voorval van ‘n spook (wat die vrou se beskrywing pas) aangeteken. Sy is na bewering die volgende twee dekades gereeld deur rylopers en motoriste gesien. Hulle het ‘n vroulike ryloper gewaar en haar opgelaai. Hulle kon duidelik deure hoor oop- en toeklap. Na ‘n paar kilometer het sy skril gelag en dan skielik uit die motor verdwyn.[3][4]
Dis nogal ‘n grillerige storie.
Daar is ook die gewilde liedjie van Anton Goosen:
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Ek was mal oor die Spook van Uniondale.
LikeLike
En veral Anton Goosen se slap stem ook.
LikeLiked by 1 person
Lol, ek hou nie van hom nie, maar Tobie Cromje se spel het my hart gesteel.
LikeLike
Tobie Cronje is ‘n juweel van ‘n akteur. Anton is ook nie regtig my cup of tea nie.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, toe hy in sy jong dae so teen Steve Hofmeyr aangegaan het, het ek een groot gly in hom gekry. En nou is hy steeds ‘n sukkelende sanger en Steve maak geld met alles, ook om boeke te skryf. Ek hou nie van sulkke arrogante mense wat namens my wil besluit of hulle mooi sing of nie.
LikeLike
Ek’s ook nie ‘n groot Steve aanhanger nie hy is ook maar arrogant en vol van homself. Toe hy begin sing het was ek mal oor hom saam met die jong hoërskool meisies.
LikeLiked by 1 person
Ek is steeds mal oor sy musiek en boeke.
LikeLiked by 1 person
Elke keer as obs daar verby, is ek dankbaar dis daglig…en elke keer kom oorwurm Anton Goosen…”blommetjie gedenk aan my…”
LikeLike
Netso. Ek sit ook nou hele dag en blommetjie gedenk aan my.
LikeLike
Selfs ek ken hierdie liedjie en ek luister min na Afrikaanse musiek. Ou Anton is ‘n groot gees. Dankie vir die deelname Scrapy.
LikeLike
Ek was nooit lief vir Anton Goosen nie. Hy het mos op Broederstroom gebly en jy weet so n klomp kunstenaars bymekaar maak dit ‘n regte onheilige nes. Ek hou darem van sy manier van sing. Sy autobiografie gekoop en gelees en het nogal simpatie met hom. Hy was inherent nie ‘n slegte ou nie. Omstandighede het dit maar veroorsaak. En natuurlik is daar misbruik van hom gemaak ook.
LikeLiked by 1 person
Ek het gelukkig nooit sy skadukant geken nie. Net maar sy musiek geniet. Ek sien hom soms reageer op een van ons taalgroepies en sy liefde vir Afrikaans is opvallend.
LikeLike
Ek stem oor sy gevoel en liefde vir Afrikaans. Laat hom wees wat hy is. hy is ‘n kampvegter vir Afrikaans op sy eie manier.
LikeLiked by 1 person