
Nuutskepping
WooRdWaRRel.
Die naam van die nuwe uitdaging rol so lekker op die tong. Die Ws en Rre trek dadelik die aandag.
https://af.wikipedia.org/wiki/Alliterasie
Alliterasie
Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergrepe in ‘n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om woorde te laat rym.
Nuutskepping is die uitdaging.
Wonderbaarlik, Woordloos
Oorrompelend, Oplettend
Okseltjie, Onderstebo
Roekelose, Roerende
Drifsels, Dryfsels
Welsprekende, Wroegende
Aanhangsels, Aanskouend
Ruisend, Rakend
Roerend, Rustig
Elegant, Erkentelik
Lewendig, Liries
Dit is Afrikaans
Ek is ook nog uit die ‘oude doos’ as dit by Afrikaans kom. Vandag is daar so baie nuutskeppings omdat die tegnologie so ontsettend uit sy nate gebars het. Tog verryk die woorde Afrikaans omdat die wat dit gebruik dit aanvaarbaar maak vir almal.
Skielik dink ek terug aan my skooljare en voorgeskrewe boeke. Bart Nel is in ons ingehamer soos wat die onderwyser dit aanvoel. Ek gaan soek toe Bart Nel op en daar is so waar as vet in Afrikaans ‘n stuk oor Van Melle. Wys jou net.
https://af.wikipedia.org/wiki/Johannes_van_Melle
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laai waai en geniet dit.
Oe, kyk nou hoe lekker speel jy met Woordwarrel. Lief vir ons taal. Ek sit en sê al jou woorde hard op. Die honde en suikerbekkies dink ek is dol! Liefdegroete
LikeLiked by 1 person
Stem, inderdaad lekker met woorde gespeel.
LikeLike
Dankie Christa, was sommer ‘n bevlieging wat opgekom het.
LikeLiked by 1 person
Ag maar dis lekker om dol te wees so op jou eentjie. Was net lus om dit so te doen. Aand tevore het ek mooi woorde uitgedink voor ek aan slaap geraak het. Toe ek volgende dag wou skryf wou dit net nie weer so lekker vloei nie. Moes eintlik maar neergeskryf het waaraan ek dink.
LikeLike
Mens moet soms luister na die muse…
LikeLike
Eintlik moet mens meer na die muse luister. Myne is vreeslik af, meer af as op met my neerskryf van my traumatiese huwelikstydperk.
LikeLike
Jy sal daai trauma proppie weer toegedraaj kry. Het dit ook beleef na ek die eerste keer my grootwoord en verliese neergepen het. Ek krabbel weer in notaboeke sulke flenters wat bietjie groter as die confetti woorde in my kop.
LikeLike
Ek het heeltyd weggeskram van die werklike trauma want en het mos nooit erken dat dit my so diep geraak het nie. Hierdie skrywe is asof ek op ‘n afstand staan en alles herleef wat verbasend goed is. Wys dat daar tog al heling gekom het na al die jare.
LikeLike
Dit is ‘n langpadheling.
LikeLiked by 1 person
Ek wroeg al 38 jaar daaroor. Dis maar iets wat geskuur moet word om die litteken te versag.
LikeLike
Ek weet, my ouers is al meer as 40 jaar. Lees oor kintsugi, om wat stukkend is mooi te maak. Dis vir altyd werk aan mensself. Liefdegroete
LikeLike
Het begin lees aan kintsugi dis baie insiggewend. Ek hou van die beeld wat gebruik word van stkkende ‘iets’ en die heelmaak.
LikeLike
Nogal met goud heelgemaak, dis vir my baie simbolies
LikeLike
Dit het my ook opgeval. Daardie hele proses van puzzle uitwerk, stukke inpas en plak mooi afwerk en dan die goud wat dit afrond om werklik skyn te gee aan die ‘kraak”.
LikeLike
Ons laslappie en hakiesharte lyk so, danksy genade!
LikeLike
Beslis net genade.
LikeLike
Jou woorde span so lekker saam om die wese van WooRdWaRRel saam te vat. Die taal, dieselfde taal wat groot skrywers soos Van Melle al raakgevat het, bly een van my groot liefdes. Verandering is onvermydelik, en dis ‘n goeie ding, maar daaronder lê nog steeds die fondament van die taal wat destyds reeds weerklank gevind het. “Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.” Hierdie is ons taal van toe af en dit is nog hy. Wat ‘n vreugde!
LikeLiked by 1 person
Stem saam, wat ‘n vreugde. Toe ek van Melle se agtergrond gelees het en dat Bart Nel eers in Nederlands was het dit nog ‘n groter indruk op my gemaak as Afrikaanse taal gebruiker vir lange jare. Daar sal altyd veranderinge wees. Tog moet ons waak dat ons moedertaal nie deur vreemde woorde versmoor word nie.
LikeLiked by 1 person
Presies. Ons is soms geneig om sommer te gryp na ‘n Engelse woord waar daar reeds ‘n mooi woord in Afrikaans bestaan. Aan die ander kant moet ons ook nie vergeet dat Afrikaans by sy ontstaan uit ‘n hele paar ander ander geput het, waarvan Nederlands die hoofbron was, maar daar is ook sterk invloede uit ander Europese, Afrika en selfs Asiatiese oorsprong. Die taalkenners kan soms lank en driftig redekawel oor die oorsprong van ‘n woord. Ek luister oopbek en probeer leer wat ek kan.
LikeLike
Dit is baie interessant om so te hoor waar woorde vandaan kom. Hollands het ook baie Franse en selfs in n mate Duitse woorde ook wat gebruik word.
LikeLiked by 1 person
Vindingryk, Scrapy!
LikeLike
Haha, dankie, dit was sommer ‘n voor slaaptyd uitdinksel wat ek die volgende oggend toe nie meer mooi onthou het nie.
LikeLiked by 1 person
Daardie neerskryf is ook iets wat ek te lui is om te doen… en dan verloor ‘n mens die oorspronklike denke. Ek hou van die manier waarop jy dit geskryf het.
LikeLike
Presie soos jy sê. Ek dink baie van my goed uit in die stort of as ek loop. Dan as ek eendag besluit om te wil skryf is alles uit my gedagtes en moet ek weer van vooraf uitwerk om te skryf. Dan voel dit meestal as sommer tweedehandse wer wat ek gedoen het.
LikeLiked by 1 person