Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.
-
Nabetragting van 2019 se NaNoWriMo.
Nabetragting 25/11/2019 Verlede jaar het ek die eerste keer deelgeneem aan NaNoWriMo(2018). Ek het in die begin van 2018 my eerste boekie gepubliseer wat oor die eerste ses jaar van my lewe is. My November skrywe was toe die onthou van my lewe van my eerste skooldag tot die einde van my studie as onderwyser…
-
NANOWRIMO neem oor Maandag=Wasdag staan oor tot Desember
Verposing Maandag=Wasdag gaan bietjie rus en oorstaan tot Desemder. Ek gaan deelneem aan Dit is die tweede jaar dat ek deelneem. Verlede jaar het ek 50 000 woorde voltooi in 30 dae. Ek het al my gedagtes neergeskryf oor my jare en ervarings op skool. Van graad een tot matriek en daarna drie jaar onderwysopleiding.…
-
Maandag=Wasdag no 15: Soek en nie gevind maar…
Maandag is weer hier en dis tyd vir n nuwe skryfseltjie. As jy voel om saam te gesels is jy van harte welkom. Ons skryf in Afrikaans, want Afrikaans is n wonderlike taal om in te skryf. Dan is jy ook welkom om n stukkie te skryf. As jy dit op jou blog gesit het…
-
Avontuur op die plaas deel 5
Vrydag Dis bibber koud vanoggend. Die ryp lê spierwit op die gras dit lyk of dit gesneeu het. Trompie gaan uit vir eerste pieps en kom weer in. Ek stort en trek aan . Eet my pap. In die tussentyd is daar geen skaap te sien nie. Trompie bly rusteloos. Ek laat hom agter uit…
-
Maandag = Wasdag: Noodplan
My laaste kwartaal vir 2019 het aangebreek en die week het met spoed verby gevlieg. Indien jy voel om bietjie in Afrikaans te gesels nooi ek jou uit om hier saam met my te kuier. Maandag = Wasdag gaan oor Afrikaans as taal. Dis belangrik om Afrikaans lewendig te hou. As jy geskryf het kan…
-
Maandag=Wasdag: no 13- Gesondheid
Dit is Maandag 14 Oktober, Die laaste termyn vir die jaar het aangebreek. Dis wasdag en hierdie keer kuier ons oor gesondheid. Vertel enige iets wat die woord “gesondheid” in het. Afrikaans is belangrik hier op my blog, dis waarom ek Maandag gebruik om lekker te kuier in Afrikaans. Kom geniet dit saam met my…
-
Avontuur op die plaas deel 4
More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019. Deel 4 van die avontuur op die plaas.Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie. Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om…
-
Avontuur op die plaas deel 2 en 3
Deel 2 Die tyd vlieg verby en ek moet eintlik daagliks skryf oor al die mannewalise. Ek kan nie meer so goed onthou wanneer wat gebeur het nie. Ek het Dinsdag more betyds opgestaan omdat ek dorptoe wou gaan. Ek het my goeie vriendin belowe dat ek haar steeds vir ‘n koppie tee gaan ontmoet. …
-
Maandag=Wasdag no 12. Wat ‘n avontuur!
Ek hang net gou nuwe wasgoed op. Ek op die oomblik ‘n plaasvrou! Dis katte, honde, skape, hoenders en kuikentjies. Ongelukkig is die weer so sleg dis gladnie baie aangenaam nie. Hier skryf ons in Afrikaans. Almal mag ‘n stuiwertjie in my arm beurs gooi as julle so voel. Vertel van n heerlike, opwindende avontuur…
-
Maandag=Wasdag no 11: Kinderliefde
Jammer, jammer, mense ek het die inskrywing reeds in no 9 gedoen! Hiers ons weer op n Maandag en Maandag =Wasdag. Skryf mense, skryf. Afrikaans is n heerlike taal om te gebruik. Almal wat Afrikaans is kan saam met my skryf. Ek gee n paar sleutelwoorde om te gebruik as jy wil, of jy kan…
Got any book recommendations?