Maandag=Wasdag no 15: Soek en nie gevind maar…

Image result for washday cartoon

Maandag is weer hier en dis tyd vir n nuwe skryfseltjie. As jy voel om saam te gesels is jy van harte welkom. Ons skryf in Afrikaans, want Afrikaans is n wonderlike taal om in te skryf. Dan is jy ook welkom om n stukkie te skryf. As jy dit op jou blog gesit het kan jy gerus jou skakel in my kommentaar plak sodat ander geesgenote ook kan lees wat jy te sê het.

Geniet dit want Afrikaans is uniek.

Soek en nie gevind nie maar…

Soek, soek, soek! Ek soek my plakboek waarin ek al my koerant uitknipsels geplak het. Die knipsels is alles wat ek gedoen het om die koerant te haal gedurende my lewe vandat ek begin werk het.

Daar is sport spanne, my troufoto, ek en bokooi wat skou gewen het, my lees uitdagings, VLU konferensie en artikels wat in kompetisies gewen het. Orgidee vergaderings, TV optrede, verder onthou ek nie. Dis hoekom ek die lêer moet vind om daaroor te skryf tydens die NANOWRIMO skryf maand. 

Ek het nog heelwat houers wat nog nie uitgepak is nie. Ek krap en krap. Steeds geen teken van die knipsel lêer nie. 

MAAR:

 ek ontdek ander goed waarvan ek al vergeet het. My seun se skool skrifte.  Sy kleuterskool kunswerke.

Beste van als ‘n  jaarboek van Hoërskool Secunda waar ek skool gehou asook Laerskool Oranjegloed waar ek begin het toe dit nog Silkaatskop was.  Dan is daar ‘n Voortrekker jaarboek wat ek saamgestel het (1989). Kannie glo dat dit alles gebeur het nie.

In die tussentyd soek ek steeds verder na my knipsels.

Het jy al iets gesoek en op dinge afgekom of ontdek wat jy lankal vergeet het? 

Vertel, toe asseblief!


Posted

in

, ,

by

Comments

7 reaksies op “Maandag=Wasdag no 15: Soek en nie gevind maar…”

  1. Toortsie Avatar

    O dit gebeur baie dat ek een iets soek en ‘n ander ding vind. 😁

    Like

  2. Kameel Avatar

    Ek het nie eers geweet ek het so ‘n belangrike vriendin nie. Ek het die koerant net eenkeer gehaal…. hulle het my gebruik vir ‘n advertensie 😂😂😂 Hoop jy kry waarna jy soek.

    Like

  3. Una Avatar

    https://travel4601.wordpress.com/2019/10/29/sowaar-kry-ek-toe-n-brief/, Scrapy, ek plaas hierdie skrywe van my by jou kommentare. Kameel dink dit sal inpas.xxx

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Una, vir ondersteuning, sal bietjie gaan lees ook.

      Liked by 1 person

  4. Dr Christa van Staden Avatar

    Mooi herinneringe. Ek kry gereeld goe waarn ek nie gesoek het nie in my materiaalkis.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis die anderkant van soek – om iets anders te vind.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Mooi beskryf. Presies net so.

        Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: