Verposing
Maandag=Wasdag gaan bietjie rus en oorstaan tot Desemder.
Ek gaan deelneem aan


Dit is die tweede jaar dat ek deelneem. Verlede jaar het ek 50 000 woorde voltooi in 30 dae.
Ek het al my gedagtes neergeskryf oor my jare en ervarings op skool. Van graad een tot matriek en daarna drie jaar onderwysopleiding. Daar was meer as genoeg om oor te skryf. Ek het myself beslis oortref.
Verlede Desember het ek begin om die stukke te herskryf en ekstra inligting in te vul. Ek het n hele lêer met al my stukke wat ek reeds geskryf. Al die inligting het ek inmekaar gevleg met die NANOWRIMO stukke. Toe begin die jaar weer in Februarie met n hengse spoed en ek het opgehou om aan die geskrifte te werk. Dit gaan hopenlik weer aandag kry komende Desember.
In die tussentyd het November weer nader gesluip en NANOWRIMO breek aan.
Hierdie keer skryf ek oor my lewe as volwassene. Van my eerste dag as onderwyser tot met my vertrek na New Zealand. Ek vermoed my NZ deel sal seker volgende jaar geskryf word.
Ek het redelik voorberei hierdie keer. Daar is oneindig baie wat ek het om oor te skryf. Dit help ook sommer om meer insig in my eie en my familie se omstandighede en optredes te kry.
Dele waaroor ek gaan skryf:
- Diere
- Kosshuis
- Konserte
- Sport
- Toere/reise
- Beroep/werk
- Blyplekke
- Voertuie
- Ongelukke/hospitaal
- Mense wat ek leer ken het
- Meubels
- Korrespondente
- Koerantknipsels
- Scrapbooking
- Huwelik
- Nuwe begin
- Musiek
- Veranderinge in SA
- Voortrekkers
- VLU
- Inkomste
- Politiek en stem
- 2006 n jaar met baie dramas
Dit gee my al 23 stukke om oor te skryf. Hopenlik gaan dit genoeg stof wees om 50 000 woorde te skryf.
More begin die eerste dag!
Ek is bly vir julle klomp wat gaan deelneem maar skoon hartseer vir ons wat gaan uitmis op julle geselskap. Julle is al so deel van my lewe dat ek my nie die maand sonder julle kan indink nie. Geniet die skryfuitdaging Scrapy, en sterkte daarmee.
LikeLike
Dankie Kameel gaan maar alles insit en kyk hoe dit op einde uitwerk. Dis maar n ding om so sonder al die maters te wees. Hou ook nie regtig daarvan nie maar nou ja.
LikeLiked by 1 person
Môre is die eerste dag! Sjoe! Nou gaan ek my kop in rat moet kry. Voorspoed Scrapy, geniet die skrywery.
LikeLike
Dankie Hester, jy moet ook net sterk staan en aanhou en uithou. Geniet jou skrywery ook.
LikeLiked by 1 person
Dag 1 is darem suksesvol agter die rug (1801 woorde). Ek het ‘n verkoue opgedoen en ‘n allemintige hoofpyn. Hoop môre gaan beter. Ek sien jy het ook goed weggespring.
LikeLiked by 1 person
Pragtig man. Hoop jou verkoue gee vinnig pad as dit agterkom dan jy wil skryf en nie hoofpyn he nie. Sterkte jy het darem klaar ekstra woorde geskryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy 😊
LikeLiked by 1 person
Mooi so, Scrapy! As Maandag = Wasdag weer begin, sal ek DV uiteindelik kan deelneem ❤
LikeLike
Dankie Frannie, ek voel al klaar moeg en het nog nie eers begin nie. Bly om te hoor dat jy gaan kans kry om weer saam te kan skryf.
LikeLiked by 1 person