
Ek het in Mei saam met HesterleyNel een-en-dertig dae, aantekeninge in ‘n dagboek gemaak. Om ‘n dagboek aan te hou help om ‘n skryfritme aan te leer, asook om jou gedagtes te ontleed en uit te sorteer.
Drie redes hoekom neerpen(journaling) en ‘n dagboek so belangrik is.
Eerste Rede:
Neerpen dien as ‘n vingerwysing om stadiger deur die lewe te beweeg en die lewe meer te waardeer.
Om ‘n oomblik te sit (net vyf minute) en te skryf breek daardie gejaagdheid. Dit bring jou terug na die werklikheid.
Tweede Rede:
‘n Dagboek inskrywing is ‘n skoon bladsy om op te skryf; om na te dink; te kalmeer.
Skryf bv voor en nadele van gebeurtenis. Lees dit en voel sommer beter en ligter nadat jy ‘n tydjie afgeknyp het om te skryf.
Derde Rede:
Neerpen help om jou gedagtes en denke skerp te hou. Dit help ook om jou emosies meer te verstaan en in toom te hou.
Die groot verrassing op die einde , as jy aanhou skryf, is dat jy met tyd beter en makliker skryf, en ook ‘n bonus om makliker te kommunikeer. Jy reguleer ook jou emosies makliker.
Neerpen hou jou gefokus en kalm.
Net vanoggend aan ‘n gebeurtenis gedink en so gewens ek kon die detail onthou. Dink toe ek moes dagboek gehou het van my lewe.
LikeLike
Ek het redelik bugebly met inskrywings elke jaar. Dis interessant om die goed te lees. Daar is dinge geskryf wat ek al vergeet het. Eks nou besig om die boekies in jare te rangskik. Het meestal meer as een skryfboekie gehad. Soms sommer n skoolskrif ook.
LikeLiked by 1 person
mmm… klink interessant!
LikeLike
Is beslis die moeite werd. Ek doen dit nog al die jare.
LikeLike
Ek het dit nog nooit gedoen nie
LikeLike
My wêreld kan amper nie glo dat jy dit nog nie gedoen het nie. interessant om te weet.
LikeLike
😏🤔
LikeLiked by 1 person
Neerpen? Ek hou van die woord, baie meer as van blog of blogging. Gaan bietjie daarmee speel
LikeLike
Ek het lank gesit en wonder watter woord ek vir journaling kan gebruik. Toe dink ek jy gebruik jou pen om dinge neer te skryf. Neerpen voel toe vir my net reg want dis wat mens doen as jy daagliks boekhou van dinge wat gebeur.
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, en dit is wat ek ook mee saamstem. Mooi woord. Vir presies wat ons doen
LikeLike
Netso! Lekker woord.
LikeLiked by 1 person