
My vriendin het my so drie weke terug genooi om saam te gaan na n ons eie ‘Hutt Valley Orchestra’.
Vandag was toe die dag van die konsert. ‘n Ander vriendin en haar man laai ons op by my vriendin se huis. Ons gaan Petone toe vir middagete, wat heerlik was.
Die konsert is in die ‘St James Church’ in Woburn Road, Lower Hutt.

Die kerkie was vol gepak met wagtende mense.
Die lede begin hul snaarstemming met behulp van die konsert meesteres met haar viool.
Stilte.
Die derigent maak sy verskyning.
Hul begin met die vrolike vroue van Windsor van Nicolai.
Daarna Strauss se ‘Frühlingsstimmen Walzer – Voices of Spring’.
Heerlike musiek uit ‘The Sound of Music’.
Dan volg ‘Rosen aus dem Süden’ van Strauss
INTERVAL
Op ligter noot en meer Kersfees:
‘Indiana Jones -medley’
Medley – Kersfees liedere.
Kom herwaarts getroues (O come all you faithful) wat sommer trane in my oë gebring het aan die herinneringe van al die kere wat ek dit al saam gesing het.
En – Hoor die blye Engle-lied wat die gehoor mee saamgesing het.
Afsluiting was ‘Pirates of the Caribbean – medley.
Dit was ‘’n fees wat ek nie maklik sal vergeet nie.
Na die tyd het ons ‘n koppie tee en piesangbrood gekry by die vriendin wat ons opgelaai het.
Dit klink hemels, geniet dit sommer saam met jou.
LikeLike
Dit was hemels. Strauss en walse en dan The Sound of music- perfek gewees.
LikeLiked by 1 person
Ek kan net glo!
LikeLiked by 1 person
So bly julle het ń wonderlike tyd beleef, Ineke!🤗
LikeLike
Dankie Una ek het lanklaas myself so iets gegun. Dit was ook lekker om saam met die vriendin en dan die ander dame ook te wees.
LikeLike
Dalkies moet jy probeer om jouself meer te bederf. Ek besef finansies is die groot ding, maar ai, ons het dit nodig.
LikeLike
Beslis nodig vir liggaam en siel. Ons het hier n Goldcard wat ons “oues” op 65 kry dankry mens afslag. Die opvoering was net $12 terwyl vol prys $15 was. Ons het n fliek ook wat spesiale pryse vir seniors gee.
LikeLike
Oooo dis goed wat mens altyd sal onthou…
LikeLike
Beslis. Al daardie kersfeeskonserte met kinders bring mooi herinnering.
LikeLiked by 1 person