
Nabetragting 25/11/2019
Verlede jaar het ek die eerste keer deelgeneem aan NaNoWriMo(2018). Ek het in die begin van 2018 my eerste boekie gepubliseer wat oor die eerste ses jaar van my lewe is. My November skrywe was toe die onthou van my lewe van my eerste skooldag tot die einde van my studie as onderwyser in 1967. Dit het met tye sukkel, sukkel gegaan om my 1600 woorde te skryf omdat ek meer per jaar probeer onthou het en dan geskryf het.
Hierdie jaar se NaNoWriMo het beter gewerk. Ek het ten minste 23 onderwerpe of tydperke neergeskryf waaronder ek ekstra hofies geplaas het.
Alles het oor my lewe gegaan vandat ek klaar gestudeer het en begin skoolhou het in 1968.
Sekere dele het veel plesier verskaf. Party tydperke kon ek net nie genoeg van kry nie en het maklik ‘n 2 000 woorde per dag kon skryf.
Dan was daar die meer dieper en hartseer dele wat my diep laat dink het. Hierdie terugdink het my meer insig gegee in omstandighede waarin ek met tye was. Ek het ook agtergekom dat ek sekere dele gladnie onthou nie. Dit wys ook maar hoe die menslike brein dinge blokkeer.
Na my 50 000 gaan ek nog verder skryf want my onderwerpe is nog nie almal gebruik nie. Ek is ook van plan om my susters te pols oor sekere dele waar ek nie duidelikheid oor het nie. Dit is alles deel van die skryf van Memoirs.
Volgende jaar gaan ek beslis weer skryf as alles goed gaan. Ek gaan dan oor my lewe hier in New Zealand skryf wat dan reeds oor elf jaar gaan strek.

Laat ‘n boodskap