Kategorie: Uitdaging
-
Kyk jou bangwees in die oë.
Ons is almal bang om oor sekere dinge te praat of te skryf. Maak nie saak of dit goed of sleg is nie. Die ses weke van “face your fears het Maandag afgeskop met ‘n harde knal. Ek het die volgende net rofweg vertaal: Vind woorde om jou uit te druk. Geen woord stilte nie.…
-
Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine
Kom mense laat ons bietjie hoor, Is jy ‘n roetine mens of nie? Hierdie is ‘n plek waar ons lekker in Afrikaans kuier. As jy saam geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak. Ek self sal daarvan hou om te lees wat jy skryf maar ander lesers sal ook beslis belangstel…
-
Maandag=Wasdag 22:As die verlede by jou kom spook.
As die verlede by jou kom spook. My verlede spook kom meestal by my kuier as ek soggens gewone tyd (so net na vyf) wakker word. ‘n Draaitjie loop, terug in bed klim en omdat dit nog donker is weer vir so ‘n uur of so insluimer of regtig slaap. Die aan die slaap raak…
-
Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid
Betekenis: ingesteldheid Ek kon nie die woord se betekenis vind in my 1961 Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger et al. nie. Gesteldheid: beteken- toestand of staat. Dit moet maar doen vir nou. Ingesteldheid Verlede week Woensdag word ons vir drie dae in inperking, in vlak 4, geplaas. Vrydag word dit nog aangeskuif na Dinsdag aand…
-
Maandag=Wasdag 20: Weer/die weer.
Verlede Maandag het uitgevries. My voorneme oor die weer te skryf het verys. Kom vertel ‘n paar dinge oor die woord weer. Ons skryf hier in Afrikaans en almal is welkom om saam te skryf. Jy kan ‘n kort stukkie skryf, ‘n lang ene of net sommer soos jy voel. As jy geskryf het sal…
-
Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig
Hardkoppig/koppig/eie wys? Ek het so ses jaar gelede ‘n vrou ontmoet waarmee ek baie goeie vriende geword het met verloop van tyd. Sy is enig in haar soort. Ons het al heelwat sakke sout saam opgeëet. My eerste kennismaking met haar was by die skryfsessies in ons plaaslike biblioteek. Sy het my ook oorgehaal om…
-
Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.
Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly. Hoe…
-
Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies
Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…
-
Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?
Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…
-
Maandag=Wasdag 13: Terugflitse
Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…