Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid

Betekenis: ingesteldheid

Ek kon nie die woord se betekenis vind in my 1961 Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger et al. nie.

Gesteldheid:

beteken- toestand of staat.

Dit moet maar doen vir nou.

Ingesteldheid

Verlede week Woensdag word ons vir drie dae in inperking, in vlak 4, geplaas. Vrydag word dit nog aangeskuif na Dinsdag aand 11.59pm. Dit laat my dink aan hoe mense die omstandighede hanteer. Ingesteldheid is baie belangrik hier. Dis maklik om te kerm en te kla oor toestande. Probleem is daar kan op die stadium niks aan gedoen word nie. My ingesteldheid is om te hou by die reëls soos vasgelê.

Voor die inperking het ek al aan die woord ingesteldheid gedink. Gelukkig is my ingesteldheid so, sodat ek nie maklik tou opgooi nie. 

Ek het in die begin van die jaar begin om my in te leef om waterverf te gebruik om my gevoelens uit te beeld. Alles het goed verloop. Ek het heerlik ‘n klomp klasse aanlyn gevolg. Party was nie in my lyn van doen nie maar ek het dit steeds probeer. As ‘n mens ingestel is op iets kan daar nogal sukses wees. Ongelukkig het my ingesteldheid my in die steek gelaat ongeveer vyf weke terug. Ek het my verfwerk probeer doen maar dit wou nie werk nie. Dit was omdat ek nie op daardie stadium ingestel was om dit te doen nie. Ek het ‘n bietjie aan geploeter en toe besluit om my projek weg te sit. 

Saterdag besluit ek toe om ‘n nuwe projek te begin(dit was my beer wat ek geverf het) Dit vat tyd en konsentrasie om aan te gaan. Gelukkig was my ingesteldheid weer in plek. Die beer was ‘n sukses; dit het gemaak dat ek teruggegaan het na my meneer Vos wat net nie wou werk nie. Hy is steeds nog nie heeltemaal reg nie maar hy is beslis klaar geverf en ek is tevrede daarmee. Ek sal eendag, as ek reg is, dalk hom weer probeer. Ek hoop my ingesteldheid om meneer Vos weer te verf is dan ‘n beter weergawe van hom en dat hy nie weer so lank vir my gaan lê en loer nie.(Hierdie een se gesig en oog wou net nie vorm aanneem nie.)

Hoe is jou ingesteldheid teenoor:

 Jouself? Teenoor ander? Teenoor die natuur?

Kom skryf saam met my asseblief. Dis lekker om Afrikaans te skryf en dis wat ons hier doen. SKRYF in AFRIKAANS en GENIET dit. 

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

11 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.