Kategorie: Neerpen

  • Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts

    Die tyd vlieg verby. Tweede Maandag=Wasdag. Almal wat van Afrikaans hou is welkom om saam te skryf. Ons skryf vir die lekker van skryf en Afrikaans as taal. Hierdie keer kyk ons bietjie terug na die jaar wat verby is. Het jy iets nuuts begin of gedoen of gemaak? Kom vertel daarvan en sit jou…

  • Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere?

    Welkom by ons eerste Maandag=Wasdag. Mag 2021 meer vreugdevol en rustiger verloop vir almal. Spesiale klere. Noudat ‘n mens jou kamera op jou foon het is dit maklik om gou ‘n ding of twee af te neem. Dis presies wat ek verlede week voor die einde van die jaar gedoen het. Ek beplan om my…

  • Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.

    Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby. Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug…

  • Maandag=Wasdag 34 :Musiek

    Die hele week sing ek in my gedagtes die volgende liedjie Dit reën hier aanmekaar. Wens ek kan bietjie oorstuur na die dele waar dit so droog is. Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was, musiek geluister. Toe ek student was het ek…

  • Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.

    Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reën, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie. Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings. Bou of maak iets.…

  • Maandag=Wasdag 27: Kamer

    Welkom by nog n Maandag. Almal wat Afrikaans skryf kan kom saam skryf en deel in my wasgoedmandjie. Al die wasgoed is gesorteer vir die week. As jy so voel kan jy na my webtuiste n pieng-terug stuur of sommer net jou pos se skakel in my kommentaar plak sodat ander ook kan lees wat…

  • Maandag=Wasdag no 26: Skoene

    Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder. Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker. Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan…

  • Maandag=Wasdag no 25: ALFABET

    Alfabet Die alfabet het 26 letters. Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom. Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om…

  • Kouse, kouse,kouse

    Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare. Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse  en vandag se jeggings Ek kan die volgende byvoeg: Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook  in die winter en as ons gaan…

  • Kinderprenteleesboek

    Ek het vir 21 dae ‘n heerlike kursus gedoen om ‘n kinderstorie te skryf. Dit was ‘n nuwe ondervinding vir my. Ek het baie geleer. Dis vir kleintjies 3-5 jaar wat nog nie baie lank kan luister of aandag gee nie. Die illustrasies gaan natuurlik ook ‘n groot rol speel. Die storie is in Engels.…